COVID-19: SA se herstelkoers meer as 83%


Die jongste nuus en syfers oor COVID-19 in Suid-Afrika

Hoe vinnig neem die gevalle in Suid-Afrika toe?

Nuusflitse

23 Augustus 2020

mmmmmmmmmm

Suid-Afrika is reeds geruime tyd verby sy Covid-kruin

17 Aug 2020

SA se herstelkoers is meer as 80%

Voorts word slegs 17% van die totale aantal gevalle tans as aktiewe gevalle beskou. Die aantal nuwe gevalle per dag neem steeds daagliks af in die land, asook die sterftes per dag.

Hoewel Suid-Afrika se totale aantal Covid-gevalle die vyfde hoogste in die wêreld is, is Suid-Afrika se sterftekoers nr 20 op die wêreld-lys.

Die publiek word daarop gewys dat hoewel besoeke aan familielede van môre af op Vlak 2 van die inperkingsregulasies weer toelaatbaar sal wees, nie meer as tien mense op ‘n keer byeen mag wees nie. Die minister van Samewerkende Regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, het vanmiddag meer inligting oor die verslapte regulasies bekendgemaak. Sy sê streng voorwaardes sal steeds tydens sulke besoeke geld, wat insluit dat almal maskers moet dra. Die regering gaan intussen die bou van veldhospitale opskort. Dlamini Zuma sê daar is genoeg plek in hospitale om Covid 19-pasiënte te behandel. Daar sal nou gefokus word op die onderhoud en herstel van bestaande hospitale en klinieke.

Die publiek word daarop gewys dat hoewel besoeke aan familielede van môre af op Vlak 2 van die inperkingsregulasies weer toelaatbaar sal wees, nie meer as tien mense op ‘n keer byeen mag wees nie. Die minister van Samewerkende Regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, het vanmiddag meer inligting oor die verslapte regulasies bekendgemaak. Sy sê streng voorwaardes sal steeds tydens sulke besoeke geld, wat insluit dat almal maskers moet dra. Die regering gaan intussen die bou van veldhospitale opskort. Dlamini Zuma sê daar is genoeg plek in hospitale om Covid 19-pasiënte te behandel. Daar sal nou gefokus word op die onderhoud en herstel van bestaande hospitale en klinieke.

Die Oos-Kaapse tesourie het departemente tot Woensdag toe tyd gegee om ‘n volledige verslag te verskaf oor hoe daar opgetree gaan word teen amptenare wat betrokke is by die verskaffing van beskermende toerusting aan die provinsiale regering. Dit volg nadat vasgestel is dat tien werknemers sake met die regering gedoen het. Die LUR vir Finansies, Mlungisi Mvoko, sê dit is ‘n ernstige oortreding van regulasies. Hy sê die onus is ook op die rekenkundige amptenare wat nie opgetree het nie teen diegene wat die regulasies oortree het.

7 Aug 2020

5 Aug 2020

Byna 70% van Suid-Afrikaners by wie Covid bevestis is, het reeds herstel. Net meer as 30% van gevalle is tans nog aktief siek. Die aantal nuwe gevalle per dag neem reeds af.

In Wes-Kaap het Covid reeds op 24 Junie sy kruin bereik en in Oos-Kaap op 22 Julie. In Gauteng word die kruin tussen 1 en 14 Augustus verwag. Daarna neem die aantal nuwe daaglikse gevalle stadig maar seker af.

Absa sê hy verwag dat die Suid-Afrikaanse ekonomie met 8,3 persent gaan inkrimp, wat meer is as die regering se raming. Die bankgroep sê in sy kwartaalikse mikro-ekonomiese verslag die coronavirus-pandemie sal bykomende druk op die land se beleërde finansies plaas, wat groot ekonomiese onsekerheid oor die medium termyn sal meebring. Ekonomiese herstel in die tweede helfte van 2020 sal waarskynlik stadiger wees as verwag word.

Rugbyspelers kan weer terugkeer na die rugbyveld, onderhewig aan streng Covid-19 regulasies. Die afrigter van die Blitsbokke, Neil Powell, sê die spelers sal Donderdag vir Covid-19 getoets word voordat hulle aanstaande Dinsdag by die Stellenbosch Akademie vir Sport aanmeld. Powell sê daar sal ‘n paar fisieke uitdagings wees.

 

 

27 Julie 2020

Meer as 60% van alle Suid-Afrikaners met Covid, het reeds herstel.

Oos-Kaap se powere rapportering van nuwe gevalle en die verloor van monsters van voertuie, bemoeilik voorspellings van die stand van die siekte in dié provinsie, waar gesondheidsorg in die staatsektor ongeag Covid onvoldoende is met ‘n algemene tekort aan beddens, slegs ‘n derde van die dokters- en verpleegposte was wat werklik benodig word vir die bevolkinsgetal en jarelande swak bestuur en agteruitgang in die dienste.

 

20 Julie 2020
Suid-Afrika se aantal COVID+ mense is nou die vyfde meeste in die wêreld soos wat ons land die kruin van die epidemie nader.

Dit is egter baie logies dat lande met groter bevolkings meer gevalle sal kry.

Wat betref COVID+ mense per 1 Miljoen van die populasie, is Suid-Afrika nommer 20 op die lys, en wat die sterftekoers betref, is Suid-Afrika nommer 44 op die lys.

Let ook op dat Suid-Afrika meer mense het wat van Covid herstel het (191 059) as wat tans aktief siek is (173269).

15 Julie 2020
Suid-Afrika sal sy sterftekruin tussen 21 Julie en 4 Augustus bereik. Wes-Kaap is reeds verby sy kruin, Oos-Kaap is naby sy kruin en Gauteng ook.

Suid-Afrika se totale aantal COVID+ gevalle is nou neënde hoogste in die wêreld. Maar om bloot na die totale aantal COVID+ gevalle te kyk, gee nie die werklike konteks van die verspreiding of omvang van die siekte in ‘n land nie.

Suid-Afrika is maar nr 30 op die lys van lande in die wêreld as mens appels met appels vergelyk betreffende Covid+ gevalle per miljoen van die bevolking. Dit is net meer as 5000 per miljoen mense, dus 5 per 1000 mense, dus 0,5%. Dit is die helfte as dié in die VSA, wat op 1% staan. Nie een enkele land se Covid+ gevalle is meer as 2% nie; inteendeel alle lande staan tussen 0,2% en 2%.

Kyk mens na die sterftekoers, dus sterftes per 1 miljoen van die bevolking, is Suid-Afrika in plek nr 46 op die wêreldlys. Die sterftekoers in Suid-Afrika 73 per miljoen van die bevolking, dus 0,0073%, terwyl dit in België 844 per miljoen is, dus 0.08%.

In Toetse/1 Miljoen het die VAE sowat 404 000/1 M gedoen, dus 404/1000, dus 40%. Suid-Afrika staan op nr 80 teen sowat 37 000/1M, dus 37/1000 of 3,7%. Dit sluit positiewe en negatiewe toetse in. Dit beteken dat net meer as 13% van alle Suid-Afrikaners wat getoets is, se toets positief was. Dit word ook duidelik dat die maximum-koers in dié verband in die wêreld 17% is.

Wat betref waar ‘n landiof streek is sy eie kurwe van die pandemie strek, is daar veral twee faktore om in ag te neem:

  • Sodra die aantal hersteldes meer raak as die aantal aktiewe siektes, beteken dit dat meer mense al gesond is as wat siek is.
  • Sodra die aantal nuwe gevalle as gemiddeld van die laaste 7 dae, minder is as die vorige 7dae se gemiddeld, en dié tendens hou aan, is die eksponensiële groeifase van die S kurwe verby, en word die kruin genader. Dan kan die kruin binne sowat 2 – 4 weke bereik word. En dan bly die siekte ‘n rukkie op die kruis, voordat dit stadig begin afplat.Waar staan Suid-Afrika as geheel? Die aantal hersteldes is bitter na aan die aantal aktiewe gevalle.

Lees ook: https://www.biznews.com/inside-covid-19/2020/07/14/covid-19-model?fbclid=IwAR3vAVTFviuBFIjDKEfJ_Ip2UHdVQBcKYFVWataKYO8ILHJhb_hhf3rr1AU

In Wes-Kaap is die kruin reeds bereik:

In Gauteng is die kruin baie naby:

13 Julie 2020
Suid-Afrika se totale aantal COVID gevalle, is nou die tiende meeste in die wêreld. As gekyk word na die aantal gevalle per 1 miljoen vand die pupulasie, is Suid-Afrika nommer 31 op die lys, en as gekyk word na die aantal sterftes per 1 miljoen vam die bevolking, is Suid-Afrika nommer 46 op die lys. Beide laaste twee syfers is laer as die wêreld gemiddelde.

President Ramaphosa het gisteraand gesê hy is baie bekommerd oor die feit dat Suid-Afrikaners nie die inperkingsregulasies nakom wat ingestel is om hulle teen Covid-19 te beskerm nie. Ramaphosa het in sy boodskap aan die nasie gesê hy is bewus van mense wat drinkpartytjies hou, familielede besoek en weier om gesigmaskers in die openbaar te dra – alles strydig met regeringsopdragte.

Volgens Ramaphosa word sowat 12000 nuwe coronavirusinfeksies per dag tans in Suid-Afrika aangemeld, wat sowat 500 nuwe infeksies per uur is. Hy sê 276242 Suid-Afrikaners het reeds die siekte opgedoen en die syfer hou aan styg. Suid-Afrika se dodetal weens Covid-19 het intussen die vierduisend-kerf verbygesteek nadat nóg 108 mense sedert Saterdagaand landwyd aan die siekte dood is.

Die DA-leier, John Steenhuisen sê die jongste maatreëls deur die regering om ‘n styging in coronavirusinfeksies te stuit is ‘n poging om aandag weg te lei van die regering se onbevoegdheid. President Cyril Ramaphosa het gister aangekondig dat die verkoop van alkohol met onmiddellike ingang opgeskort is en dat ‘n aandklokreël weer van vanaand af van krag sal wees. Die dra van gesigmaskers sal ook verpligtend wees. Steenhuisen bevraagteken waarom die gesonheidstelsel nog nie gereed is om die toename in coronavirusgevalle te hanteer nie.

Die UDM-leier, Bantu Holomisa sê dit lyk asof President Cyril Ramaphosa gewone Suid-Afrikaners die skuld gee vir die skerp styging in coronavirusinfeksies en die regering verontskuldig. Holomisa het gereageer op President Ramaphosa se aankondiging gisteraand van strenger maatreëls om die verspreiding van die virus te bekamp. Dit sluit in die onmiddellike herinstelling van ‘n verbod op alkoholverkope en ‘n aandklokreël wat van vanaand af weer geld. Holomisa sê gemeenskappe word nou geblameer, hoewel hospitale terselfdertyd nie gereed is vir die toename in Covid-19 pasiënte nie.

8 Julie 2020

29 Junie 2020
Die wiele kom af in die Oos-Kaap: Met te min portiere, skoonmakers en verpleegsters, is die staatshospitale in Port Elizabeth vuil en oorvol en baklei pasiënte vir die suurstofbehandeling: https://www.news24.com/news24/southafrica/news/watch-covid-19-inside-a-nmb-hospital-where-dirt-stands-in-hallways-doctors-clean-wards-20200628

 

  • Die Ministerie van Vervoer het sy pogings verdedig om die taxibedryf by te staan te midde van inperkingsmaatreëls. Die ministerie sê taxibase moes tot more met hul optrede gewag het wanneer die minister, Fikile Mbalula, sekere besluite gaan aankondig. Die departement het ontken dat die minister die oproepe van die taxibedryf vir verdere bystand ignoreer. SANTACO het sy lede opdrag gegee om van vandag af taxi’s tot volle kapasiteit te laai en ook oor provinsiale grense ritte te onderneem.

  • Dit wil voorkom asof taxibestuurders oor die algemeen gehoor gee aan SANTACO se oproep om hul voertuie tot vol kapasiteit te laai. Ons verslaggewers regoor die land sê taxi’s word op die meeste plekke volgelaai, terwyl enkeles gehoor gee aan die regulasie dat ‘n voertuig nie meer as 70 persent vol mag wees nie. Pendelaars sê egter hul het nie ‘n keuse om dié taxi’s te gebruik nie.

  • Die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, het vroeër pendelaars gevra om nie op vol taxi’s te klim nie, omdat dit hul lewens en dié van ander op die spel plaas. Hy sê die taxibedryf se besluit om inperkingsmaatreëls te oortree kom daarop neer dat hulle doodstrikke vir pendelaars stel. Hy sê oor twee tot drie weke sal die optrede van die taxibedryf weerspieël word in getalle wat verder die hoogte inskiet.

26 Junie 2020

Meer as 93% van mense met Covid, benodig nie hospitalisasie nie.

25 Junie 2020
Tans (25 Junie 2020) benodig 1,5% van die 52922 wat positief getoets het vir Covid, en nog nie as ‘herstel’ geklassifiseer kan word nie, hoë of waaksorg. Enkeles van dié 801 mense benodig nie suurstof of ventilators nie. Slegs 218 van die 52922 pasiënte (0,4%) is tans op ventilators. ‘n Verdere 2888 van die 52922 pasiënte (dus 5,45%) is in algemene sale in hospitale in die land. Dit sluit nie siek pasiënte wat in ouetehuise versorg word, in nie.

Dit beteken dat 98,5% van positiewe Covid-pasiënte nie suurstof of ventilering benodig nie en dat meer as 93% van alle aktiewe COVID-pasiënte nie hospitaalsorg benodig nie.

Gesondheids Minister Zweli Mkhizi in die Daily Maverick: “As it stands, South Africa has 2,888 patients who are in isolation in general wards, 262 patients who are in high care, 539 patients who are in ICU, 218 patients who are on ventilators and 566 patients who are on oxygen.

“These figures are much lower than the 20% we had initially projected and represent a public health response that has placed emphasis on proactive, preventative medicine.

“This has resulted in some of the best Covid-19 health indicators in the world. We can keep this up, but it requires a concerted effort by all South Africans to adopt the necessary behaviour change that will keep us all safe and ensure our morbidity and mortality rates remain low.”

Lees die volle artikel:

Zweli Mkhize: We are riding into a decimating and devastating storm

Verwag 3 tot 4 golwe van Covid tot 2022: https://www.news24.com/news24/southafrica/news/covid-19-sa-will-probably-experience-3-to-4-more-spikes-into-2022-says-top-scientist-20200624

Is SA oppad na 400 000 gevalle en 7400 sterftes teen mid-Julie?  https://www.news24.com/news24/southafrica/investigations/covid-19-7-400-deaths-400-000-cases-expected-by-mid-july-but-data-uncertainty-remains-20200624

19 Junie 2020
Daar is toenemende kommer oor die stygende getal coronavirusgevalle in mynbougebiede in Noordwes. Die meerderheid van die provinsie se duisend-606 bevestigde gevalle is in die Bojanala-distrikmunisipaliteit in Rustenburg en die Dr Kenneth Kaunda-distrikmunispialiteit in Klerksdorp. Die LUR vir Gesondheid, Madoda Sambatha sê hulle sal aanbeveel dat myne in die gebiede gesluit word indien die verspreiding van die virus nie gestuit kan word nie.

Navorsers sê kinders loop die risiko om sielkundige probleme te ontwikkel weens die inperkingsmaatreëls en skole wat vir lank gesluit was. Twee navorsers aan die Universiteit Stellenbosch noem dié bevinding in hul ‘n verslag oor die gevolge van die sluiting van skole weens Covid-19 op kinders. Servaas van der Berg en Nic Spaul pleit daarin dat skole, naskoolsentrums en kleuterskole heropen moet word. Van Der Berg sê die uitgerekte inperking verhoog ook die kans op kindermishandeling.

15 Junie 2020

12 Junie 2020

7 Junie 2020

2 Junie 2020

27 Mei 2020

26 Mei 2020

Die Wes-Kaap het sy hoogste sterftesyfer in een dag aangeteken sedert die uitbreking van die coronavirus in die provinsie. Die provinsie het gister 49 van die land se 52 sterftes aangeteken, ‘n dag nadat President Cyril Ramaphosa aangekondig het dat die land op 1 Junie na Vlak 3 sal afskaal. Die Wes-Kaap se dodetal het aan die begin van die Vlak 4 inperking op 42 gestaan, maar het intussen met 288 tot 330 gestyg. Dit is nie duidelik of die bevestigde dodetal van mense is wat in selfafsondering, by kwarantynpersele of in staatshospitale is nie. Die parlement se gesondheidskomitee en gekose komitee op gesondheid- en maatskaplike dienste besoek vandag die Tygerberg-hospitaal, die Nasionale Gesondheidslaboratorium en die Kaapstad se Internasionale Konferensiesentrum, wat as kwarantynlokaal ingerig is.

25 Mei 2020

Sowat 11 100 pasiënte is tans aktief siek, wat beteken dat hulle die afgelope 14 dae positief getoets het. Dit beteken nie al 11100 het simptome nie. van die 11100 is 829 (7,6% van die huidige siekes) in ‘n hospitaal, en is 128 (1,16%) in n waaksorgeenheid. Dit beteken dat vir elke 100 mense wat op ‘n gegewe oomblik siek is, benodig sowat 7 hospitaalsorg, en 1 ICU sorg.

Met meer as 22000 totale gevalle en meer as 11000 hersteldes, beteken dit ook dat meer as die helfte van dié wat positief getoets het, reeds weer gesond is.

Die aantal aktiewe gevalle neem toe en gaan vir die volgende sowat 8 weke selfs vinniger toeneem.

Die aantal gevalle sal na verwagting die volgende 8 weke vinniger toeneem, en dan verminder.

Die inperkings word van 1 Junie na Vlak 3 verslap.

22 Mei:

126 Personeellede van die Tygerberg Hospitaal in Wes-Kaap het positief getoets vir Covid-19.

  • Die Departement van Korrektiewe Dienste het bevestig dat die gevalle van die coronavirus by tronke landwyd, weer gestyg het. Volgens die Departement van Korrektiewe Dienste het 700 mense tot dusver positief vir Covid-19 getoets by fasiliteite van die departement – wat 471 gevangenes en 229 tronkamptenare insluit. Vierhonderd-87 van die gevalle is in die Oos-Kaap en 189 in die Wes-Kaap. ‘n Woordvoerder van die departement sê intensiewe siftingstoetse en toetse word steeds uitgevoer. Die departement het die nuus verwelkom dat 137 gevangenes en amptenare reeds herstel het.

  • Die bestuur van die Panorama Palms-aftreeoord in Kaapstad het bevestig dat 20 van sy inwoners en 26 personeellede positief vir die coronavirus getoets het. ‘n Verdere 38 inwoners en 29 personeellede het negatief getoets. Die bestuur sê kontakopsporing is voltooi maar dat sommige toetsuitslae nog uitstaande is. Die aftreeoord sê in ‘n brief aan inwoners en hulle families dat al die personeellede wat die virus onder lede het in selfisolasie is terwyl die inwoners wat positief getoets het, in kwarantyn is.

21 Mei 2020

20 Mei 2020

19 Mei 2020

Die aantal nuwe gevalle per dag is aan die toeneem.

Die aantal sterftes per dag is aan die toeneem

18 Mei 2020

14 Mei 2020

13 Mei 2020

  • Die Oos-Kaapse regering gaan meer as 50 miljoen rand bestee aan infrastruktuur by ses groot hospitale in die provinsie. Die stap is daarop gemik om meer coronaviruspasiënte toe te laat. Die opknappingswerk het reeds by van die hospitale begin. Die premier, Oscar Mabuyane sê die belegging in infrastruktuur sal ‘n blywende voordeel vir gemeenskappe inhou wie se hospitale in ‘n swak toestand is.

  • Die regering het nuwe veiligheidsmaatreëls vir myne gepubliseer. Dit behels onder meer dat mynwerkers siftingstoetse moet ondergaan, veilige afstand handhaaf, en van beskermende toerusting voorsien word. Myne is vroeër toegelaat om hulle werksaamhede teen ‘n 50 persent kapasiteit te hervat. Vakbonde het egter die hof genader om myne te dwing om strenger veiligheidsmaatreëls in te stel. Die nuwe maatreëls tree more in werking.

  • Die Wes-Kaap is steeds die provinsie met die hoogste aantal Covid 19 gevalle. Daar is nou 6-duisend 194 bevestigde gevalle in die provinsie en 110 sterftes. Van die meer as 230 mense in die hospitaal is 57 in waakeenhede. Die jongste landwye syfer is 11-duisend 350 met 206 sterftes. Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het gister die Witzenbergstreek besoek wat uitgewys is as brandpunt van die virus. Winde sê as deel van die regering se rekasie op die uitbreking is ‘n tydelike toetssentrum in die Ceres hospitaal ingerig. Dit is een van 18 soortgelyke fassiliteite in die Wes-Kaap.

 

12 Mei 2020

11 Mei 2020

 

  • President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrikaners moet hulleself voorberei vir ‘n nuwe realiteit waar die stryd teen Covid-19 deel word van hulle daaglikse bestaan vir die volgende jaar of meer. Hy sê die land sal moet gewoond raak aan nuwe maniere van aanbidding, sosialisering en oefening. Ramaphosa sê in sy weeklikse brief aan Suid-Afrikaners dit is onafwendbaar dat die getal coronavirusgevalle gaan styg terwyl baie mense terugkeer werk toe ingevolge vlak vier inperkings, wat ook die druk op die gesondheidsektor sal verhoog. Hy sê dit gaan meer werk van die regering, werkgewers, akademiese instellings en individue vereis om infeksies te bestuur. Die president het beklemtoon dat die geleidelike opheffing van inperkingsregulasies nie daartoe moet lei dat individue of ondernemings roekeloos optree nie.

    ‘n Professor aan die Universiteit van die Witwatersrand, Shabir Madhi sê Suid-Afrika moet hom staal teen drie of vier vlae van die coronavirus. Hy sê die land moet daarop fokus om die virus vir twee jaar te beveg. Madhi, wat ‘n kenner van entstowwe is, sê dit gaan nog ‘n tyd neem voor ‘n enstof beskikbaar is of Suid-Afrikaners sogenaamde kudde-immuniteit teen die bereik. Hy het ook ‘n beroep op die regering gedoen om dit te oorweeg om skole vinniger te heropen, omdat kinders jonger as 18 selde ernstig siek word van Covid 19.

  • Vyftien nuwe gevalle van Covid-19 is by die Departement van Korrektiewe Dienste aangemeld – waarvan tien in die Oos-Kaap en vyf in die Wes-Kaap is. Die nuwe gevalle sluit elf amptenare en vier gevangenes in. Dit bring die totale getal gevalle by die departement se fasiliteite, op 213 te staan. Twee gevangenes is by ‘n tronk in die Oos-Kaap dood, terwyl ‘n sterfte in die Wes-Kaap steeds ondersoek word. Een-en-negentig van die gevalle het reeds van die virus herstel.

  • Die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize is vandag in die Oos-Kaap, na ‘n skerp styging in die getal bevestigde coronavirusgevalle in die provinsie. Eenduisend-218 mense in die provinsie het tot dusver positief vir Covid-19 getoets. Die Nelson Mandelabaai Metro het 500 bevestigde gevalle. Mkhize het tydens ‘n besoek verlede maand ontevredenheid uitgespreek oor die provinsie se hantering van die pandemie. Die LUR vir Gesondheid, Sindiswa Gomba sê die doel van Mkhize se besoek is om te bepaal of die provinsie vordering maak in sy hantering van die pandemie.

  • Personeel by die Zwide kliniek in Port Elizabeth is intussen op ‘n staking uit protes teen ‘n tekort aan persoonlike beskermende toerusting. Hulle sê minstens 10 gesondheidswerkers by die kliniek het positief getoets vir die coronavirus. Die staking het talle pasiënte ontwrig wat vanoggend daar aangekom het.

    Alle hospitale in KwaZulu-Natal moet teen die einde van aanstaande week sogenaamde coronavirus koorsklinieke hê. Pasiënte sal na dié klinieke gaan voordat hulle ‘n hospitaal binnegaan. Die LUR vir Gesondheid, Nomagugu Simelane-Zulu, het op ‘n nuuskonferensie in Durban gesê die doel is om pasiënte met simptome van Covid 19 van ander te skei voordat hulle in hospitaalsale opgeneem word. Sy sê sowat 70 persent van hospitale in die provinsie het reeds die maatreël ingestel. Twee Netcare hospitale, die St Augustine en die Kingsway hospitale in Durban, heropen vandag nadat dit verlede maand gesluit is weens verskeie pasiënte en personeellede wat positief getoets het vir die coronavirus.

 

8 Mei 2020

  • Die getal mense wat positief vir Covid-19 getoets het terwyl hulle tussen die Wes-Kaap en die Oos-Kaap gereis het tydens die sewedae grasietydperk, staan nou op 80. Reisigers tussen die provinsies is die afgelope week by Tsitsikamma en Aberdeen getoets. ‘n Woordvoerder van die Oos-Kaapse Departement van Gesondheid, Sizwe Kupelo sê bykans 2100 reisigers is die week getoets en siftingstoetse is op meer as 29-000 uitgevoer. Hy sê diegene wat positief getoets het en die mense met wie hulle kontak gehad het, word tans opgespoor.

  • Die Departement van Gesondheid het gisteraand bekendgemaak dat meer as 290-duisend toetse vir Covid-19 reeds landwyd gedoen is, waarvan meer as 12-duisend-700 in die afgelope 24uur was. Suid-Afrika se bevestigde gevalle het gister met 424 tot agtduisend-232 gestyg, en die dodetal tot 161. Meer as drieduisend-100 mense het tot dusver herstel.

    Agri SA sê daar is geen nasionale verbod op die verlening van voedselhulp deur weldoeners nie en geen sodanige verbod is vervat in die Wet op Rampbestuur of die Covid-19 regulasies nie. Die adjunkbestuurshoof van Agri SA, Christo van der Rheede sê in ‘n verklaring die organisasie verwerp die sentralisering van voedselhulp deur enige staatsentiteit of politikus en toekenning van humanitêre en finansiële hulp op grond van ras. Hy sê die toenemende armoede en werkloosheid weens die inperking hou ‘n wesenlike gevaar vir maatskaplike stabiliteit en die veiligheid van alle landsburgers in. Van der Rheede sê die skenkingsaksies van boere, landbou-organisasie, kerke en ander groepe kan nie aan bande gelê word deur burokratiese rompslomp en drakoniese maatreëls van die staat nie. Hy sê daar is geen regulasie of wet wat die sentralisering van voedselhulp deur middel van staatspakhuise vereis nie.

  • President Cyril Ramaphosa vergader vandag met staatshoofde van lande in suider Afrika om die hantering van die coronaviruspandemie te bespreek. Zimbabwe, Eswatini, Angola, Lesotho, Mosambiek en Namibië sal aan die virtuele vergadering deelneem. Die Presidensie sê hulle sal onder meer immigrasiekwessies, die ekonomiese impak van Covid-19 en finansiële steun bespreek. Die Minister van Internasionale Betrekkinge, Naledi Pandor, die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize en die Minister van Samewerkende Regering, Nkosazana Dlamini-Zuma sal die vergadering saam met Rampahosa bywoon.

  • Die polisie sal later vanoggend die Parlement se gesamentlike Komitees vir Polisie, Veiligheid en Justisie inlig oor die monitering van die inperkingsregulasies. Die Onafhanklike Ondersoekdirektoraat, Opod, sal na verwagting die komitees inlig oor hoeveel sake van wangedrag teen die polisie ondersoek word. Bewerings van hardhandige optrede tydens die inperking om regulasies af te dwing, het telke male sedert die inperking opgeduik. Volgens berigte word sowat 38 gevalle tans ondersoek.

  • Die Departement van Basiese Onderwys het skole gewaarsku om nie voortydig oop te maak nie. ‘n Woordvoerder, Elijah Mhlanga sê hulle is steeds besig om die Covid 19-protokol vir skole te finaliseer. Die Minister, Angie Motshekga, het verlede week gesê skole sal eers heropen nadat die protokol gefinaliseer en deur die nasionale Covid-19 bevelsentrum goedgekeur is. Onderwysers sal dan na verwagting op 18 Mei na skole terugkeer. Mhlanga sê egter hulle is in kennis gestel dat onderwysers by sommige skole reeds vir werk aangemeld het. Hy sê in een geval is die polisie na ‘n skool gestuur om die onderwysers huis toe te stuur. Volgens Mhlanga kan skole nie seker wees dat hulle aan die nodige maatreëls voldoen voordat die protokol gepubliseer is nie.

    Die passasierspooragentskap Prasa sê hy het nie genoeg geld om ál sy werkers van beskermende drag te voorsien nie. Prasa sê hy het die Departement van Vervoer genader vir hulp om beskermende drag aan werkers te verskaf. Sekuriteit en skoonmaakpersoneel wat reeds terug by die werk is, het egter die nodige drag. Prasa het intussen aangekondig dat hy sover vanjaar ‘n verlies van 750 miljoen rand gely het. ‘n Verlies van bykans 200 miljoen rand is net tussen April tot Mei aangeteken, terwyl die nasionale staat van inperking van krag is. Prasa se administrateur, Bongisizwe Mpondo sê Prasa is in ‘n benarde finansiële posisie, maar hulle hoop dat die Departement van Vervoer hulle van hulp sal wees.

 

7 Mei 2020
Die Sentrum vir Oordraagbare Siektes sê die verwagte styging in die coronavirusgevalle hou ook verband met ‘n toename in toetse wat landwyd gedoen word. ‘n Senior navorser by die Instituut, professor Lynn Morris sê dit is belangrik dat die styging in gevalle gesien word in die konteks van meer toetse wat gedoen word. Sy sê dit is duidelik dat die regering se aggressiewe benadering om die kurwe af te plat suksesvol was uit sowel die getal virusgevalle as die sterftes. Morris sê die inperking was suksesvol, maar daar is ook ernstige negatiewe gevolge, wat insluit die ekonomiese uitwerking van die inperking. Sy sê die land moet na normaal kan terugkeer, maar met groter bewustheid van wat nodig is om die verspreiding van die virus te beperk. Suid-Afrika het tot dusver 7808 coronagevalle en 153 sterftes aangeteken.

6 Mei 2020:

Nieregeringsorgansies het aan President Cyril Ramaphosa geskryf om te vra vir ingryping nadat regeringsbefondsing weens die coronaviruspandemie besnoei is. Organisasies sê hulle het sedert Maart bykans geen geld ontvang nie. Van die organsisasies sê hulle sukkel om voort te gaan om noodsaaklike steun aan gemeenskappe te verskaf. Baie van die organisasies staan die regering by in die behandeling en sorg van MIV/Vigs en TB pasiënte, of verskaf berading en steun aan slagoffers van mishandeling. Die bestuurshoof van die Smile-stigting, Hedly Lewis sê die behoeftes waaraan nie-regeringsorganisasies voldoen het nie verdwyn sedert die Covid-19 pandemie begin het nie.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê belastinginvordering het die afgelope twee maande drasties gedaal. Die kommissaris van die Inkomstediens, Edward Kieswetter sê werknemersbelasting vir Maart het met 5 komma twee persent gedaal teenoor dieselfde tyd verlede jaar. Hy sê dit is meer as 65-duisend werknemers wat in 2019 dié belasting betaal het, maar nie vanjaar nie. Kieswetter sê ‘n verdere 85-duisend werknemers het in April vanjaar minder betaal as dieselfde tyd verlede jaar. Hy sê belastinginkomste sal 15 tot 20 persent minder wees as wat in die Februarie-begroting geraam is. Die Inkomstediens sê hy verwag ‘n daling van tussen 5 en 6 persent in die bruto binnelandse produk vir die huidige geldjaar.

Lugvaartdeskundiges sê geen lugdiens kan die uitwerking van die reisbeperkings oorleef wat ingestel is om die verspreiding van die coronavirus te beperk nie, behalwe as hulle staatshulp kry. Comair het gister aangekondig dat hy in sakeredding geplaas word om die belange van die maatskappy te beskerm. Comair, wat onder meer die laekostediens Kulula bedryf, sê die die coronaviruskrisis het die inwerkingstelling van ‘n regrukplan ontwrig. Die vervoerekonoom, Joachim Vermooten sê selfs lugdienste wat kapitaalkragtig is, sal nie die beperkings oorleef nie. Hy sê die regering sal moet hulp verleen om die uitwerking van die krisis te versag.

4 Mei 2020

 

  • Die Werkloosheidsversekeringsfonds het toegegee dat sy oproepsentrum sukkel om die hoë aantal navrae wat hy ontvang te hanteer. Die direkteur van die WVF, Mzwanele Yawa, het gevra dat mense ander opsies oorweeg om uit te vind of hul aansoeke aandag ontvang. Dit volg nadat talle mense gekla het oor die WVF se hantering van aansoeke. Yawa se hoewel die fonds tans ‘n vertraging ondervind, het hy reeds vyf-komma-drie-miljard rand se voordele uitbetaal, terwyl nog twee-komma-vier miljard rand gereed is om vandag uitbetaal te word.

  • Die Wes-Kaap se minister van Vervoer, Bonginkosi Madikizela, sê sy departement gaan beswaar aanteken teen die huidige aandklokreël wat van agtuur saans tot soggens vyfuur geld. Madikizela sê die aandklokreël bemoeilik mense se pogings om die eenmalige geleentheid te benut om voor Vrydag oor provinsiale grense na hul werkplek of tuiste te reis. Hy sê die verwagte druk verkeer op paaie dié week kan veroorsaak dat pendelaars nie hul bestemming bereik voordat die klokreël in werking tree nie.

  • Die Mededingingstribunaal sal vandag die tweede saak oor buitensporige prysverhogings tydens die coronaviruspandemie aanhoor. Die Mededingskommissie het die saak teen Dis-chem na die tribunaal verwys. Dis-chem word daarvan beskuldig dat hy pryse van noodsaaklike items buitensporig verhoog het. Die maatskappy het na bewering die drie pryse van sekere gesigmaskers met tot 261 persent verhoog. Die maatskappy ontken die bewerings en sê hy het gereguleerde riglyne gevolg.

  • Gemeenskappe van kleinskaalse vissers in die Wes-Kaap gaan tien duisend kospakkies ontvang. Die minister van Visserye, Barbara Creecy, sê die kospakkies is ‘n tussentydse maatreël terwyl hulle probeer om die uitvoermark vir vis te heropen. Creecy sê vissersgemeenskappe het reeds sedert China se Covid-19-maatreëls – lank voor die res van die ekonomie – ekonomies begin ly omdat dié land ‘n belangrike mark vir hulle was.

 

1 Mei 2020:

  • Die politieke ontleder, professor Steven Friedman sê vlak vier inperkingsregulasies wat van vandag af van krag is, dui daarop dat die regering nie Suid-Afrikaners vertrou nie. Hy sê daar heers groot verwarring oor die regering se plan om die verspreiding van die virus hok te slaan. Volgens Friedman is dit net in Suid-Afrika waar mense nie sigarette mag koop nie en nie na 9-uur die oggend kan gaan stap nie. Hy sê om van die strengste regulasies in die wêreld in te stel is ‘n teken dat die regering veral nie sy eie ondersteuners in townships en informele woongebiede vertrou nie.

  • Die voorsitter van die Menseregtekommissie, Bongani Majola, sê hoewel die onderrig van Suid-Afrika se jeug hervat moet word, is hy bekommerd dat die heropening van skole tot ‘n skerp styging in Covid-19-gevalle kan lei. Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga het gister gesê amptenare van die departement sal Maandag hul werk hervat om voor te berei vir die moontlike hervatting van die skooljaar vir graad-7- en graad-12-leerling op 1 Junie. Majola het tydens ‘n aanlyn-seminaar oor die beskerming van menseregte tydens die staat van inperking gepraat. Hy sê die huidige infrastruktuur by skole in baie landelike gebiede laat nie sosiale distansiëring of voldoende higiëne toe nie. Hy sê leerlinge moet beskerm word teen die coronavirus, wat moeilik sal wees in skole wat oorvol is of nie toegang tot water het nie.

  • Motshekga sê intussen altesaam 962 skole landwyd het tydens die staat van inperking onder vandalisme deurgeloop. Die Umlazi-gebied in KwaZulu-Natal is die swaarste getref waar vandale by 41 skole toegeslaan het. Motshekga het ‘n dringende beroep op die publiek gedoen om saam met die polisie te werk en toe te sien dat die skuldiges aan die pen ry en lank tronk toe gestuur word. Sy sê inbrake het wyd voorgekom.

  • Die metaalwerkersvakbond Numsa sê gesondheidswerkers wat by die vakbond YNITU geaffilieer is, staak vandag. Die vakbond het ‘n brief aan President Cyril Ramaphosa geskryf om te eis dat meer gedoen word om verpleegsters en gesondheidswerkers teen die coronavirus te beskerm. ‘n Woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola sê dit is skokkend dat sowat een-komma-vyf miljoen bykomende mense vandag kan terugkeer werk toe ingevolge vlak vier inperkingsregulasies, terwyl gesondheidswerkers steeds nie voldoende beskermende drag het nie. Volgens Hlubi-Majola steun hulle die stappe deur YNITU.

  • Die Oos-Kaapse polisie het meer as 80 mense in tien taxi’s by Elliotdale in hegtenis geneem. Hulle het na bewering vervalste permitte gebruik om van die Wes-Kaap na die Oos-Kaap te reis. Die provinsiale verkeersdepartement sê die taxi’s het seisoenale werkers van plase rondom Ceres vervoer, maar het inperkingsregulasies oortree. Volgens die departement is die werkers tans in kwarantyn terwyl hulle getoets word vir die coronavirus.

30 April: SA het 5350 gevalle, 103 sterftes en 20173 mense het reeds herstel.

  • Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Shamila Batoyi, sê hulle ondersoek berigte van korrupsie wat verband hou met die coronaviruspandemie. Sy sê verskeie voorvalle is aangemeld waar mense onregmatig voordeel trek uit noodverligtingsprogramme. Volgens Batoyi sal dit wetstoepassingsagentskappe die geleentheid gee om te wys dat daar vinnig opgetree kan word teen korrupsie en nie eers jare later soos met staatskaping nie. Batoyi was deel van ‘n afvaardiging van die Departement van Justisie en Korrektiewe Dienste wat die parlement ingelig het oor die voorkoms van coronavirusgevalle in tronke.

  • Agtien verdagtes is vroeg vanoggend in Nellmapius in die Tshwane Metro in hegtenis geneem vir beweerde dwelmhandel en die oortreding van inperkingsregulasies. Die polisie het toegeslaan op ‘n huis wat gebruik is vir dwelmhandel en dobbel. Drie verdagtes is betrap met dwelms en ‘n groot bedrag kontant. Die verdagtes word by die Silverton-polisiestasie aangehou en sal môre in die hof verskyn.

https://www.rsgplus.org/covid-19/36550/

https://www.rsgplus.org/covid-19/chroniese-siektes-covid-19-risiko-vir-sieker-word/

https://www.rsgplus.org/covid-19/antwoorde-op-vrae-oor-covid-19/

27 April: SA het 4546 gevalle, 87 sterftes, 36 kritiek siekes en 1473 hersteldes.

 

  • Die minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, was deel van ‘n ministeriële komitee wat gisteraand die Kubaanse mediese span by die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria verwelkom het. Die groep van meer as 200 kundiges sal hulp verleen in die stryd teen Covid-19. Hulle vorm deel van duisend-200 Kubaanse mediese personeel wat in verskillende Afrika- en Karibiese lande ontplooi is. Mapisa-Nqakula het aan die span gesê hul aankoms op Vryheidsdag is van besondere betekenis.

  • Die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, sê hulle merk op dat konsentrasies van Covid-19 infeksies voorkom in die werksplekke van noodsaaklike dienste in die Wes-Kaap. Die minister het die Parlement se gesondheids- en maatskaplike ontwikkelingkomitees tydens ‘n virtuele vergadering toegespreek. Mkhize sê dit is een van nuwe tendense in die verspreiding van die Covid-19 pandemie. Hy sê ander tendense is dat die episentrum van die virus van Gauteng na die Wes-Kaap verskuif het, terwyl infeksies in die Oos-Kaap skerp gestyg het. Mkhize sê tendense verander weekliks.

  • Talle hawelose mense in Durban is terug op straat omdat hulle glo nie kos kry by regeringskuilings nie. Dertien skuilings is vir die inperkingstydperk in Durban opgerig in ‘n poging om die verspreiding van Covid-19 te bekamp. Die skuilings huisves sowat duisend-500 mense. Sommige van die haweloses in die berugte Albert Park het egter die skuilings verlaat . Hulle sê hulle kry nie kos nie omdat die mense in beheer dit vir hulself neem, en hulle moet nou maniere vind om na hul families om te sien. Hulle sê dit is baie moeilik op straat want hul word deur die metropolisie aangerand.

24 April: SA het 3953 gevalle, 75 sterftes, 36 kritiek siekes en 1473 hersteldes.

22 April 2020:
Suid- Afrika het 3465 gevalle, 58 sterftes, 36 mense wat tans kritiek siek is en 1055 mense het reeds herstel van COVID-19.


Lees Pres Cyril Ramaphosa se volledige toespraak oor sy aankondiging oor ekonomiese hulp hier: https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2020-04-21-in-full-president-cyril-ramaphosas-speech-on-r500bn-rescue-package-and-covid-19-lockdown-ending-in-phases/

  • Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, sê die regering se plan vir ekonomiese verligting om die uitwerking van die coronavirus teë te werk, is ‘n stap in die regte rigting. President Cyril Ramaphos het gisteraand aangekondig dat 500 miljard rand beskikbaar gestel word om Suid-Afrikaners by te staan deur onder meer toelaes, hulp vir sake-ondernemings en belastingmaatreëls Groenewald sê egter die VF Plus sou graag méér ondersteuning vir belastingbetalers en sakeondernemings wou sien.

  • Die Oos-Kaapse Departement van Gesondheid het die ontplooiing van tien gesondheidskenners deur minister Zweli Mkhize in die provinsie verwelkom. Die departement glo dit sal ‘n groot bydrae lewer om die Oos-Kaap te help om die coronavirus te bekamp. Die nasionale direkteur en epidemioloog Mzi Neti sal hospitale besoek om ‘n oudit van beskermende toerusting te doen. Dit volg op klagtes deur sommige gesondheidswerkers dat daar nie genoeg beskermende toerusting is nie. Die span kenners sal direk aan Mkhize rapporteer. Die span sal ook die Departement van Korrektiewe Dienste help nadat meer as 80 positiewe gevalle by ‘n gevangenis in Oos-Londen aangeteken is.

 

21 April 2020:

 

 

 

 

 

https://www.rsgplus.org/top-stories/covid-19-siekte-kom-in-3-fases/

  • Die ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat meer as duisend mense in die land herstel het van Covid-19. Dit verteenwoordig net minder as ‘n derde van die bevestigde gevalle. Die getal bevestigde gevalle is drie-duisend-300, en die sterftesyfer staan op 58 nadat nog vier mense sedert Sondag aan die virus dood is. Die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, het gewaarsku dat dit tyd sal neem voor daar ‘n afname in nuwe gevalle sal wees. Data van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes toon dat bykans ‘n kwart van die gevalle by mense in die ouderdomsgroep tussen 31 tot 40 jaar voorkom, gevolg deur ‘n nóg jonger ouderdoms groep van 21 tot 30 jaar.

  • Die minister van Huisvesting, Lindiwe Sisulu, het die polisie versoek om kansvatters wat die verbod op uitsettings tydens die staat van inperking misbruik om oop stukke grond te beset, in hegtenis te neem. Dit volg nadat die Hooggeregshof in Kaapstad verlede week beslis het dat die uitsetting van ‘n groep inwoners van Empolweni in Khayalitsha onwettig was. Die hof het die Kaapstadse metro opdrag gegee om die boumateriaal waarop sy amptenare tydens die uitsetting beslag gelê het, aan die eienaars terug te besorg. Die hooggeregshof het egter beslis dat geen skuilings verder op die grond opgerig mag word nie. Sisulu sê verdere onwettige grondbesettings sal egter Suid-Afrika se vordering die afgelope twee weke ondermyn om Covid-19 onder bedwang te bring.

  • Die Werkloosheidsversekeringsfonds sê hy het meer as 50-duisend aansoeke van werknemers ontvang vir verligting weens die staat van inperking weens Covid-19. Die WVF bestuur die spesiale voordeleskema vir werkers wat weens die inperking hul werk verloor het. Die WVF sê hy het voor die inperking 30-miljard beskikbaar gehad, maar het reeds een-komma-een miljard rand aan 37-duisend aansoekers betaal.

  • ‘n Private hospitaal in Durban het bevestig dat ‘n vrou geboorte geskenk het aan ‘n baba by wie Covid-19 gediagnoseer is. Die Ahmed Al Kadi-hospitaal sê die vrou is met haar opname vir die siekte getoets en die uitslag was positief. Die baba is met ‘n keisersnit in die lewe gebring en die uitslag was ook positief. Die hopitaal sê dit is nog nie bekend of die baba die siekte vóór of ná geboorte opgedoen het nie. Die ma en baba is reeds ontlaan en sterk tuis aan.

 

20 April 2020: SA staan op 3158 gevalle, 54 sterftes en 36 pasiënt wat kritiek siek is. Altesame 903 het reeds herstel van die siekte.

  • Die kantoor van die militêre ombudsman ondersoek 28 klagtes teen weermaglede tydens die staat van inperking. Die kantoor dien as alternatiewe platform om geskille tussen weermaglede en lede van die publiek buite die departement te besleg. Die ombudskantoor sê die klagtes hou hoofsaaklik verband met hardhandige optrede tenoor en fisieke mishandeling van lede van die publiek. Videomateriaal van die beweerde voorvalle is ook saam met sommige klagtes ingedien. Die kantoor se woordvoerder sê die ombudsman beskou die klagtes in ‘n baie ernstige lig.

  • Die minister van Handel en Nywerheid, Ebrahim Patel het tot vanoggend nege-uur tyd om die verbod op die verkoop van voorbereide, warm of gaar kos op te hef indien hy ‘n hofgeding wil vermy. Die bestuurshoof van die sakegroep Sakeliga, Piet le Roux, sê dit is onwettig om die vervaardiging en verkope van dié items te verbied. Le Roux sê die verbod is slegs ‘n poging om informele handelaars en klein- en medium ondernemings te intimideer en om kosvoorrade te verminder en pryse te verhoog. Hy sê hoewel restaurante ingevolge inperkingsregulasies verbied word om handel te dryf, verbied die regulasies nié spesifiek die verkoop van warm, gekookte of voorafbereide kos nie.

  • ‘n Pick ‘n Pay-winkel in Alexandra by Johananesburg is tydelik gesluit nadat Covid-19 by twee werknemers gediagnoseer is. Die winkelbestuur sê al die mense wat in nabye aanraking met die twee was, is nagespoor om getoets te word. Die ander personeellede sal egter as voorsorgmaatreël siftingstoetse ondergaan. Die bestuur sê die winkel sal deeglik ontsmet word en sal eers daarna heropen word. Die winkelgroep het vroeër die maand verskeie maatreëls ingestel om sy werknemers te beskerm, insluitend om deursigtige skerms by tellers aan te bring. Suid-Afrika het tans drieduisend-158 bevestigde gevalle van Covid-19, met 54 sterftes.

 

17 April: SA staan op 2605 gevalle,  48 sterftes en sewe mense is kritiek siek.

Die voorsitter van die ministeriële advieskomitee oor Covid 19, Salim Abdool Karim sê die regering se veldtog van gemeenskaps siftingstoetse en toetse wat in die derde week van die staat van inperking in werking gestel is, het reeds tot ‘n styging in bevestigde gevalle van die virus gelei. Karim het tydens ‘n aanlyn-seminaar in samewerking van die Universiteit van KwaZulu-Natal gepraat. Hy sê die derde week van die inperking gee reeds ‘n meer akkurate aanduiding van die infeksiekoers as die eerste twee weke. Suid-Afrika het tans tweeduisend-605 bevestigde gevalle van Covid-19, met 48 sterftes.

Die departement van menslike nedersettings het ‘n beroep op mense gedoen om nie voordeel te trek uit die verbod op uitsettings wat een van die maatreëls is van die staat van inperking nie. Uitsettings het in Johannesburg, die Wes-Kaap en in KwaZulu-Natal voorgekom waar mense nuwe strukture opgerig het. Die Kaapstad Metro se teengrondbesettings eenheid het verskeie operasies in Khayelitsha uitgevoer wat in ooreenstemming is met ‘n hofbevel waarvolgens onwettige strukture verwyder moet word. Die departement se woordvoerder, Mcintosh Polela, sê mense moet tuis bly en nie uitgaan en alternatiewe huisvesting oprig nie. Hy sê alle nuwe strukture sal binne 24 afgebreek word.

Inwoners van die Empolweni informele gebied by Makhaza in Khayelitsha sal vandag in die hooggeregshof aansoek doen om ‘n interdik teen die Kaapstad metroraad. Die inwoners wil keer dat die metroraad hul plakkershuise afbreek wat gebou is op grond wat aan die metroraad behoort. Hulle voer aan dat die eienaar van die grond waarop hul voorheen huise gebou het, hulle weens die inperkingsregulasies van sy eiendom afgesit het en dat hulle nêrens het om te gaan nie.

Owerhede sê daar is ‘n beduidende afname in bendegeweld in gemeenskappe landwyd sedert die begin van die staat van inperking. Dit volg nadat bendeleiers volgens berigte ooreengekom het op ‘n tydelike skietstilstand tydens die inperking. ‘n Afgetrede bendelid wat nou as tussenganger tussen gemeenskappe en bendes optree, Welcome Witbooi, sê die bendeleiers steun die regering se pogings om die verspreiding van Covid-19 te stuit. Volgens Witbooi is daar op nasionale vlak besluit om bendebedrywighede te staak tot die inperkingstydperk verby is.

Die arbeidskenner, Terry Bell, voorspel dat ‘n groot aantal maatskappye in die toekoms gaan vra dat hul werknemers van die huis af werk. Bell sê daar is groot voordele vir werkgewers én die omgewing om van die huis af te werk. Hy sê dit is veral voordelig vir werkgewers omdat navorsing toon dat produktiwiteit van mense wat van die huis af werk, hoër is. Dit beteken ook dat kantoorruimte nie gehuur hoef te word nie. Volgens Bell sal minder voertuie op die pad aanleiding gee tot minder padsterftes en minder lugbesoedeling.

Enkele feite:

Volgens ‘n dokument wat die waarnemende DG van Gesondheid, Anban Pillay, aan die Portefeuljekomitee van die Parlement beskikbaar gestel het, verwag die departement dat COVID-19 vanweë die inperking in September sy piek sal bereik en nie in Julie nie, berig News24.

Ander voorspellings van die Departement van Gesondheid behels die volgende:

  • In die ergste scenario waar word, sal Gauteng die meeste gevalle van COVID-19 ervaar met meer as 1.5 miljoen Covid-19 gevalle teen die einde van die winter. KwaZulu-Natal sal moontlik die tweede meeste ervaar – sowat 1 miljoen.
  • Suid-Afrika se private en staatshospitale saam het 3 216 ventilators, terwyl sowat 7000 in die piektydperk benodig sal word.
  • Suid-Afrika het tans 4 909 hoë en waaksorg hospitaalbeddens, maar in die piekperiode kan die land moontlik 14700 beddens benodig.
  • Slegs ernstige en kritieke pasiënte sal in hospitale behandel word, terwyl pasiënte met matige simptome wat wel behandeling benodig, in veldhospitale behandel word.

15 April:
Ses gevalle van Covid-19 is in Port St Johns aan die Oos-Kaapse kus aangemeld. Die LUR vir Gesondheid, Sindiswa Gomba, sê al ses mense het die afgelope paar weke begrafnisse in die dorpie Majola bygewoon. Gomba het ‘n beroep op die gemeenskappe in die gebied gedoen om regulasies na te kom wat ingestel is om die verspreiding van die coronovirus te bekamp.

Die polisie in Gauteng het ‘n groep inwoners van Alexandra, noord van Johannesburg, uiteen gejaag nadat hulle vanoggend onwettig by ‘n skool saamgetrek het. Die mense het gehoor dat ‘n sake-eienaar kospakkies by die Bramley laerskool sou uitdeel. Die polisie het vasgestel dat dit ‘n vals gerug is en die groep moes uiteen gaan. Die polisie monitor nog die situasie.

Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, gaan aanstaande week ‘n voorstel aan die Parlement voorlê oor hoe die res van die akademiese jaar moet lyk. Die skooljaar is weens die Covid-19 inperking erg ontwrig. Een van die oorwegings is om die Junie- en September-eksamens na November en Desember te verskuif en om die res van die jaar se skoolvakansies te kanselleer. Die departement sê ‘n omvattende leerplan is vir die oorblywende deel van die akademiese jaar saamgestel.

Personeel van die Cosatu-geaffilieerde tekstielvakbond, SACTWU, het aangekondig dat hulle ‘n derde van hul April-salaris aan die Solidariteitsfonds gaan skenk. Die fonds is in die lewe geroep om die gevolge van die inperkingstydperk weens Covid 19 teen te werk. Verskeie hoë profiel sakelui en ministers het reeds onderneem om ‘n derde van hul salaris oor die volgende drie maande in die fonds te stort. Die adjunk-hoofsekeretaris van SACTWU, Membinkosi Villina, sê hulle beskou die saak in ‘n ernstige lig en het na konsultasie besluit om persoonlik daartoe by te dra.

Gauteng se verkeersdepartement sê daar was ‘n drastiese afname in padongelukke in die provinsie oor die Paasnaweek in vergelyking met vorige jare. Dit was hoofsaaklik weens die nasionale inperkingstydperk. Slegs twee noodlottige ongelukke is sedert Vrydag op Gauteng se paaie aangemeld. Twee mense het in dié ongelukke omgekom. Die verkeersdepartement sê talle motoriste is egter in hegtenis geneem op aanklag van dronkbestuur. Een van die bestuurders was byna vyf keer oor die wettige perk.

Die onderwysersvakbond, NATU, sê ouers en onderwysers moet nie die verwagting hê dat skole direk na die einde van die inperkingstydperk weer gaan open nie. Die president van die vakbond, Allen Thompson, sê skole het nie weens die inperkingsmaatreëls gesluit nie, maar weens die verklaring van ‘n ramptoestand. Hy het daarop gewys dat sosiale distansiëring, wat na die inperkingstydperk sal moet voortgaan, nie kan plaasvind as klaskamers oorvol is nie. Hy sê die Departement van Basiese Onderwys sal nog strategieë moet bepaal oor hoe om sosiale distansiëring in skole prakties toe te pas. Thompson sê hy glo egter dat onderwysers daarin sal slaag om leerplanne vanjaar betyds af te handel.

Wetenskaplikes waarsku intussen teen ‘n skielike beëindiging van die landwye staat van inperking. ‘n Epidemioloog en voorsitter van die ministeriële advieskomitee oor Covid 19, Salim Abdool Karim, sê ontledings toon dat Suid-Afrika betyds korrek opgetree het om die verspreiding van Covid-19 in die land te beperk. Karim sê Suid-Afrika het daarin geslaag om die verspreidingskurwe af te plat soos wat geen ander land dit tot dusver kon regkry nie. Hy het egter gemaan dat die beëindig van die inperking versigtig oorweeg moet word. . .

Sewe polisiebeamptes van Bonnievale in die Wes-Kaap verskyn vanoggend in die landdroshof op Swellendam. Hulle staan tereg op aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Wet op Rampbestuur en regsverydeling. Die twee sersante en vyf konstabels is gister in hegtenis geneem toe hulle by ‘n drankwinkel in Bonnievale ingebreek het. Die polisiebeamptes het na bewering die drank aan mense verkoop, terwyl hulle die res vir hulself gehou het.

8 April: SA staan op 1749 gevalle en 13 sterftes.

31 Maart: Suid-Afrika het 1353 gevalle en 5 sterftes.

Die meeste bevestigde Coronavirusinfeksies kom in Gauteng voor waar 633 gevalle bevestig is. Die Wes-Kaap is met 348 gevalle tweede. Dié res van die land se duisend 353 gevalle kom in die res van die provinsies voor. Die dodetal weens COVID-19 in Suid-Afrika staan op vyf, nadat nog twee sterftes gister aangemeld is. Die Minister van Gesondheid Zweli Mkhize, sê een van die oorledenes is ‘n 79-jarge man van Gauteng wat borsprobleme gehad het en die ander is ‘n 46-jarige vrou, die Vigsnavorser Gita Ramjee wat in ‘n hospitaal in Umhlanga oorlede is. Nog sterftes is vroeër in KwaZulu-Natal, die Wes-Kaap, Vrystaat en Gauteng aangemeld.

30 Maart: 1326 gevalle in SA, met 3 sterftes.

  • Duisende bejaardes het reeds van vroeg vanoggend af op Mthatha in die Oos-Kaap aangekom om hulle maatskaplike toelaes te kry. Busse en taxi’s het reeds om eenuur in die dorp aangekom waar bejaardes by kitsbanke en die Poskantoor begin toustaan het.

  • In Port Elizabeth staan mense ook tou by kitsbanke in winkelsentrums en by betaalpunte vir hulle maatskaplike toelaes. Van die bejaardes sê hulle is bang om met hul kontant terug te gaan huis toe omdat hulle besteel gaan word.

  • Die premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala sê die department sal binnekort die nodige beskermende toerusting soos maskers aan hospitale en gesondheidsfasiliteite versprei. Dit volg nadat verpleegkundiges by die King Edward-hospitaal in Durban die department van Gesondheid daarvan beskuldig het dat hulle lewens in gevaar gestel word. Die gesondheidwerkers sê hulle word gedwing om na siek pasiënte om te sien sonder enige beskermend

  • Die Werkloosheidsversekeringsfonds het werkgewers gevra om nie hulle personeel te verplig om jaarlikse verlof te neem gedurende die 21 dae afsonderingstydperk nie. Hoewel wetgewing daarvoor voorsiening maak, is werkgewers aangeraai om eerder gebruik te maak van die Covid-19 Tydelike Werkgewer-Werknemer Hulpskema. Dit maak geldelik voorsiening vir diegene wat nie ingevolge regulasies tydens die inperkingsperiode kan werk nie. ‘n Woordvoerder van die Werkloosheidsversekeringsfonds, Lungelo Mkamba sê werkgewers kan by die Fonds aansoek doen vir die Covid-hulpskema. Werkgewers sal steeds gehelp word, al sou die 21 dae tydperk verleng word.

  • Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, sê sy is bekommerd oor ‘n gebrek aan polisiesigbaarheid by sommige betaalpunte, waar bejaardes en gestremde persone van vandag af hulle maatskaplike toelaes afhaal. Sy het in Alexandra, noord van Johannesburg, gepraat, waar mense in lang toue by SASSA-betaalpunte staan. Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid het besluit om die uitbetaaldatum vir bejaarde en gestremde persone te vervroeg in die lig van die staat van inperking. Minister Zulu sê dat sy ‘n dringende vergadering met die minister van polisie versoek het om haar kommer te bespreek.

  • Die Gautengse premier, David Makhura, sê sy administrasie se grootste uitdaging om maniere te vind om die lang rye by kruidenierswinkels te beperk. Gauteng is die provinsie met die hoogste aantal bevestigde gevalle op 584. Landwyd is duisend-280 gevalle bevestig. Makhura sê dit is nie moontlik om die vereiste sosiale afstand van ‘n meter tussen mense te handhaaf nie weens die groot getalle mense wat nou op maandeinde opdaag om kos te koop.

  • Mense in Ethekwini en omliggende gebiede ignoreer steeds President Cyril Ramaphosa se oproep om vir 21 dae tuis te bly ten einde die verspreiding van die coronavirus te bekamp. ‘n Woordvoerder van ‘n private veiligheidsmaatskappy in Durban sê winkelsentrums in verskeie dele van die stad is besig, en mense ignoreer die verpligte afstande tussen mekaar. Mense stap ook onnodig rond en neem die bedreiging van die coronavirusspreiding nie ernstig op nie.

 

29 Maart 2020

Suid-Afrika staan op 1280 gevalle en twee sterftes. Dit is ‘n styging van 93 die afgelope 24 uur.

Die Wes-Kaap se bevestigde gevalle van Covid-19 het van 271 tot 310 gestyg. Kaapstad het 256 gevalle, die Kaapse Wynlande 17, die Tuinroete 21 en die Overberg sewe. Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die aantal inwoners wat in die hospitaal opgeneem is weens die virus het tot 14 gestyg, met drie in die intensiewe sorgafdeling.

Syfers volgens die NIOS op 28 Maart 2020

Die eerste Covid-19 geval in Khayelitsha op die Kaapse Vlakte is intussen bevestig. Vyf mense in Mitchellsplein het ook positief getoets. Winde sê dit is kommerwekkend dat die coronavirus na die digbevolkte Khayelitsha versprei het.

President Cyril Ramaphosa het beklemtoon dat alle Suid-Afrikaners wat uit die Chinese stad Wuhan na Suid-Afrika gerepatrieer is, negatief vir Covid19 getoets het en geen simptome van die virus het nie. Ramaphosa het vanoggend die 114 mense persoonlik ontmoet voordat hulle huis toe kan gaan en met hul gesinne herenig kan word. Die president het die Ranch hotel buite Polokwane – waar die groep in kwarantyn was – nou as ‘n veilige sone verklaar.

Die Departement van Gesondheid in die Vrystaat het 973 mense opgespoor wat kontak gehad het met Covid-19 gevalle in die provinsie. Dit spruit voort uit 480 mense wat ‘n kerkdiens bygewoon het waar van die internasionale gaste positief vir die coronavirus getoets het. Die departement sê 200 van die mense wat opgespoor is toon simptome.

Die Oos-Kaapse Huis van Tradisionele Leiers sê hulle is bekommerd oor die voortgesette beweging van mense tussen dorpies in afgeleë gebiede. Dorpenaars woon steeds begrafnisse en tradisionele seremonies by sonder om enige voorsorg teen die coronavirus te tref. Die voorsitter van die huis, hoofman Mwelo Nonkonyana, het ‘n beroep op tradisionele gemeenskappe gedoen om die inperkingsmaatreëls na te kom om te keer dat die virus na ander gebiede versprei.

28 Maart 2020: SA staan steeds op 1187, met een sterfte. Dit blyk dat die 28-jarige vrou wat eergister in die Tygerberg-Hospitaal opgeneem en noodbehandeling ontvang het, nie COVID-19 onder lede gehad het nie.

27 Maart 2020: Meer as 1000 (1170) gevalle van COVID-19 is reeds in Suid-Afrika aangemeld, asook die eerste twee sterftes. Die twee sterftes is in Wes-Kaap.

Die twee mense wat dood is aan die coronavirus in die Wes-Kaap was vroue van onderskeidelik 28 en 45 jaar oud. Die twee, wat Suid-Afrika se eerste twee sterfgevalle is, is vanoggend in hospitale in die provinsie oorlede. Die Premier van die Wes-Kaap, Alan Winde sê die 28-jarige vrou is gister in die hospitaal opgeneem en het noodbehandeling ontvang. Hy sê hoewel sy simptome van COVID-19 getoon het, wag hulle nog vir haar finale toetsuitslae. Die 48-jarige vrou is in ‘n intensiewe sorgeenheid dood.

26 Maart 2020: SA se amptelike syfer staan op 927 in afwagting op die opdatering van data deur die NIOS.

Die vraag is of Suid-Afrika so gelukkig gaan wees om Australië se patroon te volg, waar die eerste geval op 3 Maart aangemeld is? Of gaan Suid-Afrika en Afrika nuwe rekords opstel wat Italië se patroon soos ‘n Kinderkranspiekniek gaan laat lyk?

Só lyk Australië se grafieke: Meer as 2800 gevalle met 13 sterftes.


Só lyk Italië se grafieke: Meer as 74000 gevalle, meer as 7500 sterftes, en dit woed steeds voort

25 Maart 2020: SA het 709 bevestigde gevalle en is nou nr 39 op die lys van 195 lande en gebiede met die meeste gevalle.

Gesondheid op RSG: Kan die verloop van die Covid-19 epidemie in Suid-Afrika voorspel word? Wat kan ons verwag? Wat staan dokters en pasiënte te doen? Mari Hudson praat hieroor met dr. Angelique Coetzee, president van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging.

Belangrike inligting uit die gesprek:

  • 80% van alle mense wat die virus genaamd SARS-Cov-2, wat die siekte COVID-19 veroorsaak, gaan nie ernstig genoeg siek word om hospitaalbehandeling te regverdig nie.
  • 18 – 20% gaan wel ernstig siek word, waarvan die helfte hospitaalbehandeling gaan verg. Van hierdie pasiënte sal in ‘n waakeenheid op ‘n ventilator geplaas moet word om te oorleef.
  • Die stygende kurwe van siek mense moet so drasties moontlik afgeplat word sodat alle ernstige gevalle nie tegelykertyd siek word nie. Suid-Afrika het moontlik nog genoeg waaksorgbeddens om die pasiënte te versorg, maar nie naastenby voldoende ventilators nie. Sowat 80% van ventilators word in elk geval reeds gebruik vir ander pasiënte wat dit ook benodig.
  • Tans wag dokters 5 dae op die uitslae van die virustoetse omdat die patologie-toetslaboratoriums oorlaai word met mense wat min of geen simptome het nie, nie hospitaalbehandeling verg nie, maar getoets word.
  • Dit is belangrik om te besef dat mense wat koors het, lyfseer het, ‘n droë hoes het, maar nie hospitaalsorg verg nie, nie getoets hoef te word nie. Diegene moet hulself by die huis in selfkwaratantyn plaas, in hul kamers bly, hulle eie eetgerei en borde gebruik, alleen ‘n badkamer gebruik en nie met ander mense en huismaats in aanraking kom nie. Mense wat so siek word dat hulle sukkel om asem te haal en gehospitaliseer moet word, moet hulle naaste dokter of kliniek bel en ‘n reëling tref oor waarheen hulle moet gaan vir toetsing, evaluasie en moontlike hospitaaltoelating.
  • Sekere groepe mense het ‘n groter risiko om ernstig siek te word. Dié groepe sluit in:
    – Alle mense ouer as 65 jaar
    – Alle mense met kanker en orgaanontvangers
    – Pasiënte wat aan asma, emfiseem chroniese bronchitis, enige ander longsiekte, enige hartsiekte, hoë bloeddruk, diabetes, lupus, HIV, tuberkulose of enige ander siekte wat die mens se weerstand verlaag, ly
    – Rokers
    – Mense met ‘n hoë alkohol-inname en dwelmgebruikers
    Dokters doen ‘n beroep op dié groepe mense en veral dié met chroniese toestande, rokers en alkohol-innemers om so gesond moontlik te lewe en hul siektes so goed as moontlik onder beheer te bring sodat hulle hul risiko vir ernstige siekte en sterfte kan verminder.

Lees ook:

Só werk die virus: Wat die virus doen, hoe dit aansteek en die voorsorgmaatreëls wat jy kan tref.

Nuusflitse 25 Maart 2020:

Die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, sê hulle probeer bykans tweeduisend mense opspoor nadat 15 nuwe gevalle van die Coronavirus met ‘n kerkbyeenkoms in Mangaung verbind kan word. Selfs met die 21 dae van afsondering wat deur President Cyril Ramaphosa afgekondig is, is die verwagting dat daar ‘n skerp toename van Covid-19 in die Vrystaat sal wees. Meer as 300 mense wat die kerkbyeenkoms bygewoon het, waaronder die leier van die ACDP Kenneth Moshoe, is reeds getoets. Hulle was in kontak met besoekers van Frankryk, Israel en Amerika wat positief getoets het.

Twee LUR’e van Limpopo wat met die president van Netbal Suid-Afrika, Cecilia Molokwane, in aanraking was, het hulself onder kwarantyn geplaas nadat Molokwane positief getoets het vir Covid-19. Die LUR vir Onderwys, Polly Boshielo, het op sosiale media aangekondig dat sy en die LUR vir Sport, Thandi Moraka, verlede week met Molokwane in aanraking was. Molokwane het onlangs van Brittanje teruggekeer. Die LUR’e toon nog geen simptome nie en sê hulle sal later vir toetse gaan.

‘n Vakbond wat huiswerkers verteenwoordig, SADSAWU, het sy kommer uitgespreek oor werkgewers wat nie hulle werkers by die Werkloosheidsversekeringsfonds geregistreer het nie. Dié werknemers kan dus nie werkloosheidsversekering eis nie. Huiswerkers maak hoofsaaklik staat op weeklikse of maandelikse vergoeding. Die adjunkhoofsekretaris van SADSAWU, Eunice Dhladhla, het ‘n dringende beroep op werkgewers gedoen om hul huiswerkers gedurende dié afsonderingstydperk onderdak te gee en hulle steeds te betaal. Dhlahdla sê hulle pleit by werkgewers om werknemers tegemoet te kom.

23 Maart 2020: Die NICD rapporteer op Twitter dat die aantal COVID-19 infeksies vir Suid-Afrika staan tans op 402 bevestigde gevalle. 128 nuwe gevalle sedert gister se aankondiging. Klik hier vir ‘n lewendige kaart van COVID-19 gevalle wêreldwyd.

Die NICD doen ‘n beroep op die publiek om aan te hou om handhigiëne, hoesetiket en sosiale afstand te beoefen om COVID-19 infeksies te voorkom.

Vir meer inligting kontak die COVID-19-blitslyn: 0800 02 9999 of Whatsapp: 0600 123456

22 Maart 2020: Die NICD rapporteer dat die aantal COVID-19 infeksies vir Suid-Afrika staan op 274. Dit beteken 34 bykomende gevalle het positief getoets het vir COVID-19. Van die 274 gevalle, het 208 (76%) ‘n geskiedenis gehad van reis in gebiede waar COVID-19 sirkuleer. Die meerderheid nuwe infeksies is egter afkomend van mense sonder ‘n internasionale reisgeskiedenis.

Die Oos-Kaap provinsie het sy tweede positiewe geval aangeteken. Die meerderheid van die nuwe infeksies is in die Wes-Kaap aangemeld, 14, wat die totaal vir die provinsie op 88 gevalle bring.

Die verkoop, verskaffing en vervoer van drank is verbode ingevolge die regering se streng nuwe maatreëls wat in die Staatskoerant afgekondig is, in ‘n poging om die verspreiding van die coronavirus te bekamp. Alle restaurante, kroeë en ander instansies wat drank op hulle persele verkoop, moet gesluit wees tussen sesuur saans en negeuur die volgende oggend. Dit geld vir weeksdae en Saterdae. Op Sondae en openbare vakansiedae moet sulke plekke van eenuur die middag af gesluit wees.

Meer as duisend-700 passasiers en bemanningslede van die passasierskip – AIDAmira – wat die afgelope dae in die Kaapstadse hawe voor anker lê, sal van vandag af die skip mag verlaat. Ses medepassasiers, wat in afsondering was, se toetsuitslae toon dat hulle nie die virus het nie.

Die eerste gevalle van die coronavirus in die Tuinroete is bevestig nadat ‘n paartjie van Knysna positief getoets het. ‘n Raadslid van Knysna, Peter Myers, het op sy Faceboek-bladsy aangekondig dat hy en sy vrou in kwarantyn is. Hulle het op ‘n onlangse reis na Europa, Switserland, Praag en Wene besoek. Myers sê hulle was in aanraking met distriks-, provinsiale en nasionale owerhede. Hy sê hulle het twee temperatuurtoetse op die OR Tambo-lughawe geslaag voordat hulle op 13 Maart in George aangekom het. Hulle het eers daarna simptome getoon en sal die volgende twee weke in afsondering bly. Suid-Afrika het tans 116 bevestigde gevalle, met 61 in Gauteng, die meeste van al die provinsies.

18 Maart 2020:

Wat presies weet ons nou van die nuwe coronavirus bekend as SARS-CoV-2? En van die siekte COVID-19? Muteer die virus? Hoe lank oorleef dit buite die liggaam? Kan enigiets buiten handewas en maskers vir nabye kontak help? Wat staan my te doen as ek sekere simptome ervaar? Marí Hudson gesels met Dr Jantjie Taljaard, hoof van infeksiesiektes by die Tygerberg Hospitaal en die Universiteit van Stellenbosch, oor die mediese aspekte van die virus en COVID-19.

Die Departement van Gesondheid sê die getal bevestigde gevalle van Covid19 in Suid-Afrika, het tot 116 gestyg. Dit beteken daar is sedert gister 31 nuwe gevalle bevestig. Sestien van die nuwe gevalle is in Gauteng, drie in KwaZulu-Natal, twee in Mpumalanga en tien in die Wes-Kaap. Ses van die nuwe gevalle het die virus op tuisbodem opgedoen. Dit bring die getal mense wat die virus opgedoen het sonder om na die buiteland te reis, op 14 te staan.

Die Busamed Lowveld-privaathospitaal in Mbombela in Mpuamalanga het alle operasies vir veertien dae opgeskort. Die hospitaal is Maandag gesluit nadat ‘n dokter positief getoets het vir die coronavirus.

President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep gedoen op Suid-Afrikaners om nie paniek-aankope te maak nie. Dit terwyl mense na winkels haas om noodvoorrade aan te koop nadat die gevalle van die coronavirus toegeneem het.

Ramaphosa het ook ‘n beroep gedoen vir nasionale eenheid om die verspreiding van die coronavirus te stuit. Hy sê alle politieke partye is daartoe verbind om saam te werk om Suid-Afrikaners veilig te hou.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het 162 vlugte tot die einde van die maand gekanselleer in reaksie op lae passasiersgetalle weens die Coronavirus-pandemie. Honderd-24 van die gekanselleerde vlugte, is streekvlugte en 38 is internasionale vlugte.

Die lugdiens SA Express het vroeër aangekondig dat werksaamhede van vandag af tot verdere kennisgewing opgeskort word weens die impak van die coronavirus-pandemie.

Luister ook:

Woensdag 18 Maart 2020, Praat Saam: Die mediadekking van Covid19, plaaslik en internasionaal.

17 Maart 2020: Die Covid-19 pandemie is steeds besig om vinnig uit te brei, veral in Europese lande.

Die aantal bevestigde gevalle het sedert 2 Maart van sowat 90 000 binne 15 dae verdubbel. Dit het 22 dae geneem om van 45000 tot 90 000 te verdubbel.

In Suid-Afrika staan die getal bevestigde gevalle op 64, terwyl dit ook in al meer lande in Afrika voorkom.

17 Maart, Praat Saam: Mediese kenners in Suid-Afrika waarsku dat mense met ‘n chroniese siekte hulle gesondheidstoestand moet monitor. In Suid-Afrika is ons op dag 2 van die nasionale krisis. Watter mediese bekommernisse het jy oor Covid-19?

In China het meer as 68 000 van die net meer as 80 000 siek mense reeds herstel en is slegs 21 nuwe gevalle die afgelope 24 uur aangemeld, terwyl Italië, Spanje, Duitsland, Frankryk, Switserland, Engeland, België, Nederland, Oostenryk en die Skandinawiese lande en ook die VSA nou die meeste nuwe gevalle aanmeld. Die virus het nou ook die Karibiese eilande bereik.

Al drie kampusse van die Noordwes Universiteit is van vandag af tot 29 Maart gesluit. Dit is een van die laaste hoë onderwysinstellings wat tot dié stap oorgaan om die verspreiding van die coronavirus te verhoed.

Tradisionele leiers in die Oos-Kaap het regeringsdepartemente versoek om bewusmakingsveldtogte oor die coronavirus in landelike gebiede van stapel te stuur. Die provinsie se voorsitter van die Huis van Tradisionele Leiers, hoofman Mwelo Nonkonyana, sê alle kulturele aktiwiteite sal streng gemonitor word om te verseker dat hulle voldoen aan die beperkings op saamtrekke.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxi-raad oftewel Santaco en die Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, sal môre by die Wanderers taxihalte in Johannesburg planne bespreek om taxihaltes te ontsmet en pendelaars te laat skandeer. Mbalula het gister aangekondig dat lukrake skandering by taxihaltes en treinstasies gedoen sal word in ‘n poging om die Coronavirus te bestry. ‘n Mediakonferensie sal daarna om tienuur gehou word.

Verbruikers word ontmoedig om paniekaankope te doen omdat die nuwe maatreëls vir grensbeheer slegs op individue van toepassing is. Die Minister van Handel en Nywerheid, Ebrahim Patel, sê net die beweging van mense word beperk, en die maatreëls wat geïmplementeer is, sal nie ‘n negatiewe uitwerking op invoere hê nie. Hy sê kritieke nywerhede soos gesondheidsorg en die verskaffers van voedsel en drank, sal verseker dat die verskaffingsketting nie ontwrig word nie.

Verskeie kerke en godsdiensgroepe het begin om ‘n 30 dae verbod op openbare byeenkomste te plaas. Honderde kerke oor alle gelowe heen het hul tradisonele kerkdienste vir eers afgelas, terwyl ander meer dienste met minder mense hou.

Vakansiegangers wat van plan was om op ‘n bootreis van MSC Cruises te gaan sal hul reisplanne moet uitstel. MSC Cruises het al sy oorblywende vaarte vir die seisoen afgelas wat van Suid-Afrikaanse hawens vertrek. Die laaste vaart het gister vertrek en keer Vrydag terug.

16 Maart: Pres Cyril Ramaphosa het Sondag ‘n ramptoestand in Suid-Afrika afgekondig weens die COVID-19 bedreiging.

Lees sy volledige toespraak:
Hier: https://www.dailymaverick.co.za/article/2020-03-15-covid-19-ramaphosa-declares-national-state-of-disaster-imposes-travel-bans/

of hier: https://www.moneyweb.co.za/news/south-africa/ramaphosa-addresses-the-nation-on-covid-19/

Interessantheidshalwe:

Die siekte staan bekend as COVID-19 (Corona Virus Disease 2019), en die virus staan bekend as SARS-CoV-2 (Serious Acute Respiratory Syndrome Corona virus 2), omdat die virus ernstige longonsteking veroorsaak en volgens alle aanduidings naby verwant is aan die SARS-CoV-1 van 2002/2003.

Lees meer: https://www.who.int/emergencies/diseases/novel-coronavirus-2019/technical-guidance/naming-the-coronavirus-disease-(covid-2019)-and-the-virus-that-causes-it

Die bestuur van die Suid-Afrikaanse Lugdiens vergader om President Cyril Ramaphosa se aankondiging oor noodmaatreëls te midde van die Coronavirus-pandemie, te bespreek. Die S.A.L sê ‘n aankondiging sal later vandag gemaak word. Die lugredery sê geen vlugte is tot dusver gekanselleer nie, maar dat vlugte van hoë-risiko lande vanaf Woensdag in lyn met die president se opdrag, gekanselleer sal word. Een-en-sestig gevalle van die siekte is tot dusver in Suid-Afrika bevestig.

Lesings by die Universiteit van Kaapstad is opgeskort en alle koshuise sal weens die Coronavirus gesluit word.

Intussen het die Kaapse Universiteit van Tegnologie sy vakansietyd weens die Coronavirus verleng.

13 Maart:
Kenia het alle massa-byeenkomste opgeskort nadat ‘n persoon wat vanaf Amerika via Londen gereis het, positief getoets het vir die Coronavirus. Daar is meer meer as honderd bevestigde gevalle in Afrika waaronder Egipte, Algerië en Kameroen. In Suid-Afrika is sestien gevalle aangemeld.

Die Universiteit van die Witwatersrand het van sy klasse vir mediese studente gekanselleer nadat ‘n student in kontak gekom het met iemand wat die Coronavirus het.

12 Maart:
Amerika het hom daartoe verbind om sowat agt miljoen rand aan die Suid-Afrikaanse regering beskikbaar te stel om te help met die hantering van die COVID-19 pandemie. Amerika het intussen ‘n reisverbod van 30 dae vanaf Europa ingestel, nadat meer as duisend Amerikaners positief vir die siekte getoets het.

Die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize sal vandag met die provinsiale werkkomitee in Limpopo vergader om hulle op hoogte te bring van die proses om 122 Suid-Afrikaners uit die Chinese stad Wuhan na Suid-Afrika terug te bring. Sewe van die Suid-Afrikaners is van Limpopo afkomstig.

11 Maart: Is daar meer as een stam van die virus wat COVID-19 veroorsaak? Lees: https://www.newscientist.com/article/2236544-coronavirus-are-there-two-strains-and-is-one-more-deadly/

10 Maart: Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, het bevestig dat die getal Suid-Afrikaners wat die virus onderlede het, tot sewe gestyg het, nadat ‘n bykomende vier mense positief gediagnoseer is. Hulle was deel van die groep van tien wat Italië besoek het. Italië is die land in Europa wat die meeste gevalle van Covid-19 het.

5 Maart 2020:
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare siektes het die eerste geval van die Corona COVID-19 virus in Suid-Afrika bevestig. Die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, het in ‘n verklaring bekendgemaak dat ‘n 38-jarige man die virus het. Hy en sy vrou het in Italië gereis. Hulle was deel van ‘n groep van tien mense wat op 1 Maart na Suid-Afrika teruggekeer het. (Lees meer: https://www.news24.com/SouthAfrica/News/breaking-sas-first-positive-case-of-covid-19-confirmed-20200305) en https://www.news24.com/SouthAfrica/News/live-coronavirus-in-south-africa-all-the-latest-news-and-updates-20200305

13 Feb 2020: Die Coronavirus wat verantwoordelik is vir die huidige uitbreking, staan nou amptelik as COVID-19 bekend.

CO = Corona
VI = Virus
D= Disease
2019 = die jaar waarin die virus geïdentifiseer is.

Interessante feite oor die Corona-virus en die huidige uitbreking

Die Corona virus lyk soos ‘n kroon.

Wat is die coronavirus wat mense in die Ooste op hol het? Hoe dodelik is dit? Hoe het dit ontstaan? Is ons in Suid-Afrika in gevaar? Marí Hudson praat met ’n spesialis oor dié virus, asook ook klebsiêlla en dié winter se griep.

  • Die Corona-virus is ‘n groep virusse wat gewoonlik in diere voorkom. Wanneer dit wel na die mens oorgedra word, soos met SARS in 2002/3, en MERS in 2012, lei dit tot veral longprobleme by die mens. Die sterftesyfer van die SARS-uitbreking was sowat 9% en dié van MERS sowat 34%. Nie SARS of MERS het tot ‘n groot mate van mense tot mens versprei nie. SARS het vermoedelik van vlermuise gekom via muishonde in die Ooste en MERS van vlermuise via kamele in die Midde-Ooste. Baie van die Corona-virusse wat tans wel in mense voorkom, veroorsaak bloot verkoue.
  • Die nuwe Corona-virus word die 2019-nCoV genoem, waar die n staan vir novel oftewel nuwe.
  • Die Corona virus uitbreking het op 8 Desember 2019 begin met 10 mense wat siek geword het nadat hulle ‘n mark met lewende diere, insluitend wilde diere, besoek het.
  • Meer as 6000 gevalle is die eerste 7 weke gediagnoseer met 132 sterftes. Meer as 40 miljoen mense in verskillende stede in China is in kwarantyn geplaas. Gevalle is reeds in Kanada, Duitsland, Japan, Hong Kong, Frankryk, Maleisie en Australië gediagnoseer. Almal was in aanraking met ‘n persoon van China. Vlugte uit China is gekanselleer en ook die X-Spele wat volgende maand in China sou plaasvind. ‘n Week later, op 3 Feb, het die getal gediagnoseerdes wêreldwyd op meer as 17 000 gestaan en die sterftesyfer op meer as 360.
  • Chirurgiese maskers in China, en ook New York, is uitverkoop en die geldmarkte is ook op hol.
  • Anders as die SARS- en MERS virusse, word die nuwe Corona virus wel van mens tot mens oorgedra soos gevalle in Duitsland en Japan bewys het.
  • Die inkubasietyd van aansteking tot simptome is sowat 10 tot 14 dae as dit van dier na mens oorgedra word, en sowat 1 tot 12 dae as dit van mens tot mens oorgedra word.
  • Die virus word swakker met elke oordraging van mens tot mens.
  • Die simptome is longontsteking, koors, hoes en sukkel om asem te haal. Maar nie loopneus, nies en seer keel nie. Die huidige influenza virus het soortgelyke simptome.
  • Ouer mense, mense met verswakte immuniteitstelsels, mense met long- of hartprobleme en jong kinders kan die siekste word van die virus en moet onmiddellik mediese hulp kry met die eerste simptome.
  • Die virus versprei deur groot druppels en sal nie maklik deur inaseming aansteek nie, maar wel as groot duppels op jou val as jy ‘n meter of twee van ‘n pasiënt staan, of as jy aan iets vat waarop die druppels geval het. Dit is nie bekend hoe lank die virus buite die liggaam lewe nie.
  • Die belangrikste voorsorgmaatreëls is om jou hande te vas, onmiddellik mediese hulp te gaan soek as jy onlangs in China was of met ‘n persoon van China in aanraking was en dan simptome toon, jou hand voor jou mond te hou as jy hoes of nies en nie aan jou gesig te vat nadat jy aan dinge rondom jou gevat het. ‘n Masker kan mediese en verpleegpersoneel help wat digby pasiënte werk, en om ‘n siek persoon te keer om ander aan te steek.
  • Volgens die Minister van Gesondheid is Suid-Afrika gereed om die virus in Suid-Afrika te hanteer.
  • Geen antivirale middel of vaksien is tans effektief of beskikbaar nie. Die virus is egter reeds geïsoleer en geïdentifiseer en kan nou in enige land met ‘n bloedtoets binne 24 uur bevestig word. Navorsers in verskeie laboratoria in die wêreld werk aan behandeling en ‘n vaksien.
  • Dit is nie die dodelikheid van die virus wat paniek saai nie, maar onsekerhede oor wat volgende gaan gebeur en hoe die virus verder gaan optree. Tans lyk dit of dit met elke mens tot mens oordraging verswak.

 

Deur Marí Hudson