COVID-19: lug blouer, Venesië kanale skoon


COVID-19 verander die wêreld, nou en moontlik vir altyd. Die strate in die groot wêreldstede is leeg, die lug bo Europa en China is skoner as in jare, swane en dolfyne swem weer in die kanale van Venesië. Probeer die natuur iets vir ons sê? Luister ons na die stilte?

30 Maart 2020: Daar was sedert die uitbreking van die coronaviruspandemie ‘n merkbare verbetering in die lugkwaliteit in Europese stede waar daar ‘n staat van inperking geld. Lugfoto’s deur die Europese ruimteagentskap toon dat die stede Brussel, Parys, Madrid, Milan en Frankfurt het almal wesentlike laer stikstofvlakke aangemeld sedert inperkingsmaatreëls afgekondig is.

Venesië se kanale is skoon en swane en dolfyne het teruggekeer

Skielik kan mens die vissies op die bodem van die Venesiese kanale sien.

Hier is enkele foto’s van die volgende webwerf:
https://www.cnbc.com/2020/03/28/scenes-of-cities-shut-down-by-the-coronavirus-pandemic.html


Nog foto’s

Die Trevi Fontein in Rome is verlate

Die besoedeling bokant Wuhan het dramaties verminder.