Covid reeds by kruine verby in W-K, O-K en Gauteng


Waar staan ons met Covid in Suid-Afrika? In watter provinsies het dit reeds die kruin bereik, en hoe weet ons dit? Het die inperkings die kruine in die provinsies verlaag? Wat kan Suid-Afrika verwag met ’n tweede golf? Steur die regering hulle enigsins aan die meer akkurate voorspellings deur PANDA? Marí Hudson praat met Dr Piet Streicher, een van die lede van PANDA oor die voorspellings en modelle. PANDA (Pandemic Data & Analysis) is ’n groep aktuarisse, ingenieurs, dokters en ander beroepsmense wat hulle kundigheid saamvoeg.