Covid-piek in Wes-Kaap verby, aan’t draai in Oos-Kaap


Die voorspellingsmodelle vir COVID-sterftes in Suid-Afrika en selfs in die wêreld het die sterftes geheel en al oorskat. Waarom?

’n Groep aktuarisse, ingenieurs, dokters en ander beroepsmense wat hul kundigheid saamvoeg in PANDA (Pandemic Data & Analysis) baseer hul voorspellings, wat uitsonderlik in die kol is, op ’n spesifieke S-kurwe.

Marí Hudson gesels met Dr Piet Streicher, ingenieur en een van die lede van PANDA, en hy verduidelik hoe hul voorspellingsmodel werk en hoe COVID verder in Suid-Afrika gaan verloop en waarom hulle voorspel dat die sterftesyfer op sowat 11000 gaan draai en nie by 320 000 of selfs by 80 000 of 44 000 nie.

Ons kyk na die Gompertz kurwe, 17% aansteking, Italië sterftes, Engeland skattings, SA max sterfte-skatting en faktore in ag geneem in vergelyking met oorspronklike skatting van 80000  – 320000 sterftes, ens.

Dit blyk duidelik dat die aantal nodige beddens en ICU beddens in Wes-Kaap met ‘n faktor van 10 oorskat is, dat die ekstra 1000 bed veldhospitaal in Port Elizabeth wat teen Augustus gereed sal wees, mosterd na die maal is omdat die eksponensiële kurwe in Oos-Kaap reeds op 23 Junie gebreek is en die piek reeds baie naby is.
Die insidensie van sterftes in Gauteng is 4x kleiner as in Wes-Kaap – moontlik danksy die warmer klimaat en groter temperatuurskommelings.

Voorts is die verlies aan lewensjare 29 maal groter weens die inperking as die virus self.

Die enigste maatreëls wat help om die piek te verlaag, is vermyding van massa byeenkomste, handewas, afstand en maskers dra. Totale inperking waar die ekonomie tot stilstand kom, is nie die moeite werd nie.

Die maksimum vatbaarheidsyefr is 17%, en die sterftesyfer sowat 1 uit 260 van die bevolking en tussen 0,2 en 2% van die bevolking.

Die piek word bereik sowat 105 tot 110 dae na die eerste geval in ‘n streek, met of sonder radikale inperkings.

Vraag: Verskil Brasilie, VSA, Swede se kurwes van ander lande s’n. Dus: maak inperking en ander maatreels n verskil?

Brazilie en die VSA is baie groot lande en kan nie met Swede, ‘n klein land vergelyk word nie. New York State het die maksimum gevalle per dag 3 maande gelede gehad. Arizona kry tans die meeste gevalle.

Maatreels soos beperkings op massa byeenkomste maak ‘n groot verskil aan die begin van die pandemie. Dit koop egter slegs tyd en mettertyd sal die virus orals uitkom.

Maatreels soos om mense te keer om te werk het baie meer nadele as voordele, en gaan volgens PANDA tot ‘n baie groter verlies in lewensjare he.

Die vorm van die kurwes van verskillende lande het baie ooreenkomste, veral vir lande met dieselfde hoeveelheid mense, bevolkingsdigteid, demografie en klimaat.

Het SA se inperkingsmastreels n invloed op die kurwe en piek? Hoe?

In SA het slegs die beperking op massa byeenkomste en die stop van internasionale reise op 13 Maart ‘n merkbare verskil gemaak. Die verandering van vlak 5 na 4 na 3 het nie ‘n merkbare verskil gemaak nie.

Neem byvoorbeeld die Wes Kaap wat gegroei het teen 8 % per dag in vlak 4 en 3 % ‘n dag in vlak 3.

Wes-K het sy piek bereik – wanneer en hoe weet julle dit?

Die Wes Kaap het sy maksimum sterftes per dag tussen 20-24 Junie bereik. Die 7 dag gemiddelde daaglikse sterftes het gepiek op 52 per dag. Sederdien het daaglikse sterftes afgeneem en die 7 dag gemiddeld is tans 45 sterftes per dag.

PANDA het reeds op 10 Junie voorspel dat die Wes Kaap tussen 23 Junie en 7 Julie ‘n maksimum gaan bereik. Dit word bepaal deur ‘n Gompertz kurwe te pas by die werklike syfers en dan die kurwe 2-3 weke in die toekoms te projekteer. Die verwagte totale sterftes word gebaseer op inligting van ander lande asook die verhouding van sterftes tot bevestigte gevalle.

Voorspelling van PANDA op 12 Junie:

 

Vandag lyk die daaglikse sterftes so:

Waar staan Gauteng, Oos-K, KZN en ander provinsies?

Die ander provinsies is almal meer as 4 weke agter die Weskaap. In Gauteng is die verhouding sterftes tot gevalle 4 keer laer as in die Wes Kaap.

Het julle voorspel dat die max aantal sterftes 59 per dag sal wees?

Ons het voorspel dat die maximum sterftes per dag in Wes-Kaap tussen 44 en 59 per dag gaan wees.

Vertel meer van die berekenings gegrond op die 80 dae na eerste geval en 50 dae na eerste sterfte. Geld dit ondanks inperkingsmaatreels? Geld dit nog in SA?

As ons kyk na die 25 groter lande met die meeste gevalle, dan kom almal min of meer op dieselfde plek uit na 100 dae. Somige kom vinniger uit by ‘n plafon vlak. Hierdie 25 lande het almal verskillende inperkingsmaatreels. Die grafiek hieronder begin by 1 geval per miljoen mense (so 58 vir SA). Dit kan ge-argumenteer word dat op 35 dae daar ‘n groot verskil is tussen hierdie lande en dat inperkingsmaatreels gedeeltelik daarvoor verantwoordelik is. Na 100 dae is die virus egter orals.

Vertel meer van die 29x faktor.

PANDA het uitgewerk hoeveel lewens jare verloor sal word as 80 000 mense van die virus sou sterf.

PANDA het dan ook uitgewerk hoeveel lewens jare verloor sal word as gevolg van die inperkingsmaatreels self. Die groot verlies aan werksgeleenthede en persoonlike inkomste gaan tot gevolg he dat mense vroeer sterf. In SA is daar ‘n goeie korrelasie tussen jou verdienste en die ouderdom wat jy eendag bereik. As mense hulle werk verloor dan is die kanse groter dat hulle vroeer gaan sterf.

Die verlies aan lewensjare agv inperkingsmaatreels wat mense keer om te werk is 29 keer meer as die lewensjare was ons gaan verloor agv die virus.

Vertel meer van die effek van die inperking op die ekonomie, werk, nie-Covid pasientsorg en ander aspekte v normale lewe.

Suid Afrika verloor meer as 60 000 lewens ‘n jaar deur HIV. Daar is reeds ‘n aanduiding dat minder HIV pasiente klinieke besoek agv inperkingsmaatreels. Ons verwag tussen 10000 en 15000 sterftes van die virus.

Hieronder is ‘n vergelyking tussen ons eie voorspellings en die van SACMC die offisiele raadgewers aan die regering:

Hieronder is ‘n vergelyking tussen ons eie voorspellings en die van SACMC die offisiele raadgewers aan die regering: