Luister weer: Die blommeverkopers van Adderleystraat


Hulle is, nes Tafelberg, Kaapstad se trots, ‘n lewende geskiedenis. En daar by Trafalgar-plein, die historiese deurloop tussen Adderley- en Parlementstraat, sal jy die Moederstad se legendariese blommeverkopers in al glorie, kleur en geur aantref.

Hulle het ‘n bloedlyn van blommemense en Adderleystraat se blommemark is ook na dese ‘n gewilde toerismebaken – hier word immers al langer as ‘n eeu lank met blomme handel gedryf. Dit, nadat die Anglikaanse aartsdeken en weldoener, Thomas Lightfoot, verseker het dat die omgewing waar die blommeverkopers handel dryf, vir hul uitsluitlike gebruik in ‘n trust bewaar word.

Maar, die pandemie het ook sy tol geëis en Haidee Muller-Isaacs het gaan uitvind hoe sake deesdae op Trafalgar-plein staan. Sy bring hul stories aan jou in die dokumentêr: Die Blommeverkopers van Adderleystraat – Donderdagaand 17 Maart 2021 om 8.

Luister hier na die volle dokumentêr:

Haidee by die blommemark in Adderleystraat

Die blommemark is ‘n kleurryke lushof en ook gewild as toeriste-attraksie

Op 79, is Antie Cecilia Williams is die oudste blommeverkoper. Sy het ook al in ‘n video van ‘n David Kramerliedjie genaamd We Got Da Beat verskyn. Dit was in die vroeë tagtigs.

 

Antie Cecilia en haar dogter Fadwa Sassman (45) – Fadwa verkoop ook al sedert haar tienerjare hier blomme.

Fadwa en oorsese toeris met die bos blomme wat sy pas aan haar verkoop het.

Gaironiesa Oliver(43) sê dit gaan swaar, maar sy is bitter lief daarvoor om hier te werk. Tog maan sy haar kinders aan om liefs te gaan leer.

Gaironiesa verkoop blomme aan klient. Gaironiesa saam met ‘n kliënt wat dol is oor krismisrose en toe daar en dan ‘n bos by haar gekoop het.

Aboebakar oftewel Boebie Oliver is Gaironiesa se pa. Hy word vanjaar 65 en sê hy het na skool na die blommemark gekom om ook te kom werk hier saam met sy ma.

Faldelah oftewel Delia Gamieldien sê sy is gebore net hier op die blommemark.

Faldelah oftewel Delia Gamieldien sê sy is gebore net hier op die blommemark.

Hier by haar stalletjie duld Delia geen nonsens nie (video nr10)

Sandra Solomons besig om proteas te rangskik in ‘n ruiker:

Gaironiesa Oliver vertel vir Haidee hoekom die blommemark na aan haar hart lê: