Die blouwalvis = die grootste dier wat ooit gelewe het


Die Blouwalvis

Die blouwalvis

Die blouwalvis (Balaenoptera musculus) is ‘n seesoogdier wat tot die suborde Mysticeti (baard- en baleinwalvisse) behoort. Met ‘n lengte van tussen 23 en 30,5 m en ‘n massa van tot 136 ton, is dit die grootste dier op aarde. (Wikipedia)

Tydens asemhaling uiter die blouwalvis ‘n vertikale spuit met ‘n gemiddelde lengte van 9 m, maar hoogtes van tot 12 m is al waargeneem. Die walvis het ‘n longkapasiteit van 5 000 liter.

Volgens die Amerikaanse Nasionale Seesoogdierlaboratorium sal ‘n 30 m lange walvis meer as 180 ton weeg. Die grootste blouwalvis wat tot op hede akkuraat deur hierdie instelling geweeg is, was ‘n wyfie wat 177 ton swaar was.

Daar word geglo die blouwalvis is nie net die grootste dier op aarde nie, maar ook die grootste dier wat ooit gelewe het.

Die grootte van die blouwalvis verdwerg selfs dinosaurusse en olifante en die mens lyk piepklein langs dié majestueuse dier.

‘n Blouwalvis se tong weeg sowat 2,7 ton en wanneer sy mond ten volle uitgesit het, kan dit tot 90 ton voedsel en water hou. Ten spyte van die mond se grootte, is die blouwalvis se keel van so ‘n aard dat hy niks kan insluk wat wyer is as ongeveer ‘n sokkerbal nie. Sy hart weeg 600 kg, die grootste van enige dier, en sy hoofslagaar (aorta) het ‘n deursnee van 23 cm. Tydens die eerste sewe maande van sy lewe drink ‘n blouwalvis elke dag ongeveer 400 liter melk. Blouwalviskalfies sit vinnig gewig aan, tot 90 kg per dag. Selfs by geboorte kan ‘n blouwalviskalf tot 2 700 kilogram weeg; dis gelykstaande aan ‘n volgroeide seekoei

Blouwalvisse vreet byna uitsluitlik planktonkrefies, alhoewel hulle ook klein aantalle eenoogkrefies inneem.

Lees meer oor die Blouwalvis:
https://af.wikipedia.org/wiki/Blouwalvis

https://en.wikipedia.org/wiki/Blue_whale

Kyk na die video’s: