Die dwelmkrisis in SA is omvangryk


Die polisie in KwaZulu-Natal ondersoek twee dwelmverwante voorvalle waar mense doodgeskiet is. Agt mense is in Richmond by ‘n sogenaamde dwelmhuis doodgeskiet en twee is gewond. In ‘n ander aanval op Amaoti naby Inanda het drie aanvallers by ‘n spazawinkel stilgehou en op ‘n groep mense wat agter die winkel gesit het, losgebrand. Besef Suid-Afrikaners die omvang van die dwelmkrisis in die land?