Die effek van seksuele uitbuiting van kinders op kinders en gesinne


Die fokus is op die seksuele uitbuiting en misbruik van kinders. Ouers wil weet hoe om hulle kinders te bemagtig. Fanie Viljoen, skrywer van die kinderboek DIE DAG AS DIE DRAAK KOM, deel van sy insigte en navorsing vir die boek.

Suid-Afrikaanse kinders is van die kwesbaarste ter wêreld. Statistiek dui daarop dat een uit elke drie kinders voor die ouderdom van 18 jaar seksueel mishandel word. Edith Kriel, die bestuurshoof  van Jellybeanz, praat oor die uitwerking hiervan op kinders en gesinne, asook die werk wat hulle doen.

Ons sit die gesprek oor die seksuele mishandeling en uitbuiting van kinders voort. Edith Kriel, die bestuurshoof van die nie-regeringsorganisasie, Jellybeanz, vertel van die werk wat hulle met jong slagoffers en hulle gesinne doen.