Luister weer na ‘Mike en Mavis’


Wilson Dunster en Eliza Cawood

Ons sluit die seisoen af met ‘n herhaling van Mike en Mavis gespeel deur die akteurspaar Elize Cawood en Wilson Dunster, geskryf deur Wessel Pretorius.

 

Mavis Kellerman is ‘n weduwee wat haarself afgesluit het van die wêreld. Sy e-pos slegs haar dogter en gaan nog kerk toe.

Dan word sy na die opening van ‘n nuwe bioskoop wat spesialiseer in klassieke rolprente, genooi.

Die eienaar, Mike Lewis, is ‘n eksentrieke oujongkêrel met ‘n ewige romantiese siel. Mavis besef gou dat Mike daarop uit is om haar hart te steel en bevind haarself aan die ontvangkant van ‘n vryery in haar herfsjare.

Hierdie is ‘n gewilde argiefdrama, wat in Afrikaans en Engels aangebied word.