China bou langste brug in wêreld


China het pas die wêreld se langste seebrug geopen. Dié brug is by Hong Kong en verbind die oostelike en westelike banke van die Pêrelrivier Delta in Suid China.

Dit het China 9 jaar geneem om die brug, wat 54,7 km lank is, te bou teen ‘n prys van R286.4 miljard. Die groter plan is om  Hong Kong en Macau, die wêreld se grootste dobbelsentrum , met nege ander stede te verbind. Die brug was gister vir die eerste keer vir verkeer oop, maar slegs vir sekere voertuie. Voetgangers en fietsryers word egter nie op die brug toegelaat nie.

Die brug is gebou om meer as ‘n honderd jaar te hou en  en erge storms en aardbewings te weerstaan. Die brug sal winde van tot 340 km per uur kan weerstaan. Vir die bou is 420 000 ton staal gebruik.

Die brug se draai is ontwerp om soos die kronkels van ‘n slang te lyk. Twee nagemaakte eilande is gebou om die brug te ondersteun. Tussen die eilande is ‘n tonnel van 6,4 km gebou om te sorg dat die besige skeepsverkeer nie versteur word tydens die bou-proses nie. Omtrent 4000 skepe vaar daagliks in hierdie gebied. Daar word verwag dat 40 000 voertuie die brug daagliks gaan gebuik. Saam met die brug se bou, is daar ook ‘n sneltrein teen ‘n koste van R157.5 miljard gebou.

Enkele skermgrepe van die indrukwekkende brug

Kyk hier na video’s, sketse en meer inligting oor die brug:

https://www.bbc.com/news/world-asia-china-45937924

https://www.news.com.au/travel/travel-updates/worlds-longest-sea-bridge-finally-opens/news-story/e80c9182c7c905823aa92f7e41adbaf1

https://scroll.in/video/899485/watch-aerial-footage-of-the-world-s-longest-sea-bridge-linking-china-to-hong-kong-and-macau

https://www.businessinsider.co.za/china-world-longest-sea-bridge-hong-kong2018-10