Die moets en moenies ná ‘n heup- of knievervanging


Dit is baie belangrik om ná ’n knie- of heupvervanging die regte dinge op die regte manier te doen om seker te maak dat jou herstel so goed moontlik verloop. Hoe moet jy loop? Op watter been mag jy gewig sit? Wanneer? Hoe staan jy op en gaan sit? Hoe klim jy in ‘n kar in en uit?

Marí Hudson gesels met Dr Callie Ackermann, ’n ortopeed oor die operasies, en veral die nasorg. Hy gee praktiese raad.