Die moets en moenies van jou gewigsverlies-reis


Met sowat die helfte van ons land se bevolking wat oorgewig is – sommige dalk net 5kg, maar andere meer as 30kg oorgewig – is daar altyd mense wat graag die oortollige vetjies wil afskud.

Dr Riekie Smit

Maar daar is goeie en swakker maniere om dié reis aan te pak. As ‘n eerste stap vir sommige mense, is dit aan te beveel om eers sekere moontlike mediese oorsake uit te skakel soos onder meer lae tiroïedfunksie. Dan is daar ook baie dinge wat liefs vermy moet word.

Marí Hudson gesels met Dr Riekie Smit, ‘n algemene praktisyn van Pretoria, oor gewigsverlies. Sy het ‘n spesiale belangstelling om pasiënte te help om op die gesondste manier moontlik gewig te verloor en hul ideale gewig te handhaaf. Sy is ook bekend vir haar werk in nie-chirurgiese estetiese geneeskunde soos botoks- en vullerbehandeling.

Luister om 11:30 na Gesondheid op RSG.

Luister na die volledige gesprek: