Dokumentêr: Ghrender as Ghrend


Jimmy Newman is ‘n boorling van Nababeep in Namakwaland, waar hy grootgeword en skoolgegaan het. Sy ouer broer Gustav het hom saksofoon leer speel.

Hy het ‘n langarmgroep begin, Jimmy’s Grand Six, die naam geneem van die Grand Hotel in Namibië waar die ses-stuk groep gereeld gespeel het. Soos meeste kunstenaars het die kultuur en gemeenskap eienaarskap van hom geneem en hy toe verguld is tot held met heelwat goue albumverkope.

Sy simboliese liedjie Sak en Pak uit Distrik Ses, Ricky’s Waltz (vernoem na sy vrou), Tammy (‘n opname om sy kleindogter te gedenk) en Jimmy’s Waltz het hom tot ikoniese status verrys. Jimmy het ook groot agting gehad vir die musiek van Al Etto en het ‘n klompie van Etto se liedjies opgeneem.

Wat sou langarm musiek sonder Jimmy Newman gewees het? Beslis nie dieselfde nie, want hy was die mentor vir ‘n paar ander kunstenaars, en vandag is sy kleindogter Tammy ook ‘n begaafde sangeres, en ander kleinseun Lyall, self ‘n bedrewe saksofoonspeler in Kanada.

Jimmy Newman lewer ‘n pertinente rol tot die Suid-Afrikaanse musieklandskap en is nie maar net ‘n saksofoonspeler nie, maar ‘n mentor, vader en oupa, en van ‘n donker krulkop van destyds, tot ‘n gryskop poniestert wat hy vandag dra, bly hy Ghrender as Ghrend.

Luister na die volledige dokumentêr:

Jimmy speel by privaatgeleentheid

 

Jimmy speel by privaatgeleentheid

Jimmy en oudste kleindogter Tammy, aan wie hy ook ‘n liedjie opgedra het.

Jimmy Newman – Ghrender as Ghrend