Dokumentêr: In die gees om te gee


Wie is die vrywilligers van ons pragtige en gekompliseerde land? Met die sosio-ekonomiese uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar, wie tree na vore en spring in wanneer bronne te kort skiet?

Luister Donderdagaand 8 uur na “In die gees om te gee: SA se engelvrywilligers” en vind uit wat motiveer ‘n persoon om van hulself te gee en hoe organisasies ‘n sukses van vrywilligerskapprogramme kan maak.

Dit is “In die gees om te gee”. Donderdagaand 8 uur, saamgestel deur Martelize Brink.

Bianca Grobbelaar vertel hoe en hoekom sy as vrywilliger betrokke geraak het.

Luister na die volledige program:

Vind meer uit oor Aitsa!: https://vimeo.com/563131575/402120e22f

Foto’s: Bianca Grobbelaar, vrywilliger by Aitsa! doen weekliks bergfietsritte met kinders van haar omgewing.