Luister weer: “As kluise kon praat”


Luister Donderdagaand 15 Mei om 8 uur  na “As kluise kon praat” deur Marion Erskine.

Die verhaal is losweg gebaseer op die 1977 Krugersdorp-bankroof wat tot vandag toe nog nie opgelos is nie. Van Nierop het “tonnels” versit met uitdagende byklanke en regie wat die drama in vele opsigte ‘n grens verskuiwing maak. Vier mynwerkers besluit hulle gaan die grootste bankroof in die Suid-Afrikaanse geskiedenis uitvoer. Hulle beplanning was so fyn dat geen spoor agtergelaat is nie. Net ‘n paar rooi gesigte en vier Elvis-maskers.

Charlie Bouguenon, Karen Wessels, Kaz McFadden, Estelle Grobler, Kevin Smith, Christopher van der Westhuizen en Hannes Brümmer is te hoor in hierdie raaiselagtige drama, met regie deur Leon van Nierop.

Van Nierop het “tonnels” versit met uitdagende byklanke en regie wat die drama in vele opsigte grensverskuiwend maak.

Agter vlnr: Christopher van der Westhuizen, Kevin Smith, Charlie Bouguenon. Middel: Leon van Nierop, Estelle Grobler en Hannes Brümmer. Voor: Kaz McFadden en Karen Wessels.

 

Van die skrywer – Marion Erskine

Marion Erskine by Clare Clark Photography 9

Ek is in Westonaria aan die Wesrand gebore, en van kleins af onthou ek hoe mense oor hierdie spesifieke bankroof in Krugersdorp gepraat het. Dit was nie net ’n storie in ’n koerant nie – dit was ’n gebeurtenis wat mense se verbeelding aangegryp het en jare later steeds gesprekke oorheers het.

Die Krugersdorp-bankroof van 1977, waar rowers ‘n tonnel onder vier winkels gegrawe het en oor die Paasnaweek met ’n fortuin verdwyn het, het ’n legendariese status bereik. Tot vandag toe is hulle nooit gevang nie.

Hierdie onopgeloste raaisel het my verbeelding aangewakker. Ek weet nie meer as wat ek uit koerante en artikels kon naslaan nie, maar ek het begin wonder: Hoe dink ek het die roof in plek geval? Wie was die mense agter die misdaad? Wat as ons die verhaal vanuit hulle perspektiewe kon beleef?

Verder wou ek vir luisteraars ’n nostalgiese reis bied, met verwysings na die 1970’s—’n era van unieke mode, musiek en sosiale verandering in Suid-Afrika. Met hierdie storie probeer ek nie net ‘n legendariese roof herverbeel nie, maar ook ‘n tikkie van die verlede laat herleef.

Donderdagaand 15 Mei om 8 uur op RSG of rsg.co.za asook op potgooi na afloop van die uitsending en op Spotify.

Charlie Bouguenon, Kevin Smith en Estelle Grobler.

Kevin Smith en Karen Wessels