Luister weer na ‘Die Damhuis’


Luister Donderdagaand na Die Damhuis. 

Die oorspronklike verhaal is deur wyle Reinet Nagtegaal en haar man, Dirk, geskryf. Henriëtta Gryffenberg het dit na ’n radiodrama verwerk.

In die rolverdeling isuister Erica Wessels, Lee-Ann van Rooi, André Terblanché, David Isaacs, Èmil Haarhoff, Nienke Geldenhuys en Albert Smit. Die regisseur is Sophia van Taak.

DIE DAMHUIS deur Reinet en Dirk Nagtegaal

Wat deesdae die Damhuis-restaurant op Melkbosstrand aan die Weskus is, was nagenoeg 240 jaar gelede deel van die plaasopstal van ene kaptein Christ

Agtergrond-inligting
Wat deesdae die Damhuis-restaurant op Melkbosstrand aan die Weskus is, was nagenoeg 240 jaar gelede deel van die plaasopstal van ene kaptein Christiaan Brand.

Toe die kaptein, sy vrou, Gesina, en twee slawe – Kassien April en ’n jong vrou genaamd Mali – in die laat-1700’s daar aangekom het, was daar nog niks. Net melkbosse. Hulle het jare lank aan ’n woonhuis en ook ’n visskuur gebou waarin die Brands soutvis gedroog het – net soos wat daar vandag nog aan die Weskus bokkoms gemaak word.

Die skrywer wyle Reinet Nagtegaal en haar man, Dirk, het die Damhuis-restaurant vir ’n ruk besit en saam het dié twee in 2018 ’n boek geskryf wat hierdie geskiedkundige opstal se verhaal vertel. Henriëtta Gryffenberg het dit toe baie vernuftig na ’n radiodrama verwerk.

Die storie
Die Damhuis-radiodrama blaas lewe in strak geskiedkundige feite. Dit speel af aan die Kaap af, in die laat-1700’s en vroeë 1800’s en vertel die luisteraar van die pioniersgees van die Vryburgers wat uit niks vir hulle ’n bestaan moes opbou; Slawe wat van hul eie mense vervreem is en wie se lewe dan noodgedwonge saamsmelt met die wel en weë van hulle eienaar; En hoe die Slag van Blouberg geweldig dramatiese gevolge gehad het – in die Europese magspel in daardie dae van handelsroetes, maar ook op grondvlak, in die gewone Kaapse burgers se lewens.

Die verhaal strek oor etlike dekades – van Christiaan en Gesina se troudag, tot ver verby hul albei se afsterwe. Dit speel af teen die agtergrond van ’n baie verwarrende era in die geskiedenis, toe die Kaap binne ’n kwessie van tien jaar eers onder Nederlandse, toe Britse, toe Bataafse en toe wéér Britse bewind was.

Hierdie politieke skommelinge, onsekerhede oor grondbesit en die moontlike bedreiging van ’n oorlog waarna Christiaan as oud-offisier dalk weer opgeroep kan word, sorg vir ’n spannende storielyn. Dit vertel ook hoe die hegste familiebande soms niks met bloed te make het nie.

Die akteurs en rolverdeling

Agter vlnr: Andre Terblanche, David Isaacs, Sophia van Taak, Erica Wessels, Lee-Ann van Rooi en Èmil Haarhoff. Voor: Albert Smit en Nienke Geldenhuys en Cassi Lowers.

In die twee vroulike hoofrolle sal jy vir Erica Wessels as Gesina en Lee-Ann van Rooi as Mali herken.

André Terblanché vertolk die rol van Kaptein Brand en David Isaacs is Kassien April.

Van die Brands se kinders is ook in die stuk: Èmil Haarhoff speel een die oudste broers, Johannes; Nienke Geldenhuys is een van die susters, Maria, en Albert Smit vertolk die rol kleinboet Pietertjie.

Die regisseur is Sophia van Taak.

 

Donderdagaand 26 Junie om 8 uur op RSG of rsg.co.za asook op potgooi na afloop van die uitsending en op Spotify.