Luister weer: Die wonder van herkoms


Luister Donderdagaand 30 September om 8 na Haidee Muller-Isaacs se dokumentêr, Die Wonder van Herkoms

Haidee delf bietjie in die herkoms van haar mense in hierdie dokumentêre program genaamd Die Wonder van Herkoms.

Van die aankoms van die slawe en slawename, die slawe-navorser Aubrey Springveldt wat vertel oor sy eie voorsate, sy hoor meer oor die Kamissa-rivier en die kreolisasie van mense. En by haar hartsplek en komvandaan, Oudtshoorn, vind sy uit van die waternimf by die watergat in die rooi heuwels – daar waar die Olifants- en die Kammanassie-rivier bymekaarkom.

Luister hier na die volledige dokumentêr:

Haidee en die stamboom-navorser, Aubrey Springveldt

Die Attakwa-stamhoof en storieverteller, Poem Mooney wys die watergat waar die Waternimf van die Klein Karoo glo gewoon het.

 

Poem lees sy gedig, Fluistering in die riete voor

Die plek waar die Olifants-en Kammanassie-rivier bymekaarkom buite Oudtshoorn

Poem wys vir Haidee waar hy dink die waternimf deur ‘n skeur aan die onderkant van die rivierbank “verdwyn” het

Aubrey Springveldt wys vir Haidee ‘n register van die mense van Ceres in die kerk-argiewe op Stellenbosch

Tydens Haidee en Poem Mooney se onderhoud, het hy die bok-horings in die wolke aan haar uitgewys

Anton Roets by een van sy erfenis-skildery op die plaas Shadowlands