Dr Susan Vosloo gesels oor kinder-hartoperasies


Klein Roxanne (3 jaar, nege maande) vorder goed na haar hartoperasie.

Soms moet ’n baba wat met ‘n hartdefek gebore word, binne een week geopereer word om die lewetjie te probeer red. Soms word die hartdefek eers ’n jaar later gediagnoseer en dan is dit dikwels ’n tweede hartfout wat tydelik gehelp het dat die kleuter tydelik oorleef.

Hartchirurg dr Susan Vosloo vertel hoe ’n chirurg dan ’n tweede en derde hartfout gebruik om ’n relatiewe normale hartfunksie te skep.

Ja, ’n hartchirurg moet ook soos ’n ingenieur en fisikus dink om struktuur, kragte, vloei en drukke in ag neem om die hart te laat funksioneer.

Luister hier na Gesondheid op RSG, aangebied deur Marí Hudson.

Klein Henu en sy ma Melanie. Die vrolike seuntjie wag op ‘n hartoorplanting.

Klein Henu wil net die dinge doen wat klein seuntjies doen.

Klein Henu Pienaar (3 jaar en sewe maande) wag op ‘n hartoorplanting.

Henu Pienaar (3) wag op ‘n hartoorplanting. Sy ouers doen alles om hom te help om so normaal moontlik te lewe en die dinge te geniet wat ‘n klein seuntjie gelukkig te maak.