Luister weer: Duimpie Bayly, die sagte reus van die Suid-Afrikaanse Wynbedryf


Martelize en Duimpie Bayly

Luister op 3 Februarie om 20:00 na die dokumentêr: Duimpie Bayly, die sagte reus van die Suid-Afrikaanse Wynbedryf.

Duimpie Bayly, voorste wynwetenskaplike, Kaapse wynmeester, wynmaker en administrateur is in die ouderdom van 81 verlede jaar aan ‘n hartaanval oorlede.

Hy was reeds teen 1962 by Stellenbosch Boere wynmakery werksaam. Duimpie was hoogsgeleerd met ‘n BSc by die Universiteit van Stellenbosch, ‘n MSc by die Universiteit van Kalifornie, en ‘n PMD by Harvard.

Hy was een van die groot geeste in die wynbedryf wat ‘n daadwerklike bydra tot die bedryf in SA gemaak het. Martelize het twee maande voor sy dood aan huis met hom oor sy lewe en loopbaan gesels.

Luister na die dokumentêr: