Een-derde van senior bestuurders in staatsdiens nie gekwalifiseerd vir pos


Altesame 3,301 van die 9,477 senior bestuurders wat in die Persoonlike en Salarisstelsel (PERSAL) gelys is, het nie die vereiste kwalifikasies nie, het die Minister van Staatsdiens en Administrasie, Senzo Mchunu, in ‘n skriftelike antwoord op ‘n parlementêre vraag deur die DA gesê.

Hiervan is 1,987 amptenare in nasionale departemente werksaam. Hoe kry jy balans tussen tussen kwalifikasies, transformasie en prestasie?