Fiks vir die Lewe is terug


Die gewilde Fiks vir die Lewe programreeks is van Sondag 3 April weer op die lug. Jy kan Sondagaande tussen 19:00 en 19:30 na dié reeks, aangebied deur dr Flip Loots, luister.

Soos oudergewoonte is dit ‘n gespreksprogram waarin Dr. Loots met ‘n kundige gesels oor aktuele temas van die dag – vanuit ‘n Christelike oogpunt sonder om dit voorop te plaas.

Dr. Gustav Gous sal as gereelde gas optree met bydraes van ander teoloë deur die loop van die reeks.

Temas war bespreek gaan word, sluit in:

  • Hoe hanteer ek spanning by die werk, tuis en persoonlik?
  • Wat gemaak met die huidige onsekerheid in die wêreld (Covid, Rusland/Okraiene, ens)?
  • Hoe vergewe ek regtig?
  • Hoe kom ek uit ‘n toksiese verhouding?
  • Hoe om ‘n liefdesverhouding te laat werk?
  • Hoe maak ek die beste van die lewensfase waarin ek my nou bevind (jongmens, middeljare, ouer jare?)
  • Hoe hanteer ek my humeur en emosies?

‘n Video waar Dr. Flip en Dr. Gustav Gous die  reeks bekendstel: