Francois is Kompas se nuwe Dinsdag-aanbieder


Francois van der Merwe

Francois van der Merwe is ons nuwe Kompas-aanbieder op ‘n Dinsdagaand.

Francois is van Brackenfell en is tans besig om sy matriekjaar te voltooi aan die Hoërskool Bellville.

Hy was in 2019 in die top 8 van die Nationale toneelspel-kompetisie. Dit het daartoe gelei dat hy die geleentheid gekry het om deel te wees van die radiodrama Drosters.

Hy het reeds van sy laerskooldae ‘n liefde vir die kunste en het van 2015 elke jaar aan  toneelstukke en -kompetisies deelgeneem.

In sy vrye tyd sal jy hom aan’t oefen in die gim vind of besig om musiek te luister.