Gamka is ‘n mannetjie


Gamka. Dit lyk byna of hy lipstiffie op sy bolip het.

Gamka, een van Sylvester en Angel se tweeling welpies, is ‘n mannetjie.

Dis nog nie bekend of Kambro ‘n mannetjie of wyfie is nie.

Die tweeling is nou sowat 15 weke oud en is die eerste keer drie weke gelede opgemerk en afgeneem.

Só het ons berig oor die koms van die twee welpies van Sylvester en Angel:
https://www.rsgplus.org/aktueel/sylvester-is-pa-van-2-welpies/

 

Hier is Kambro, die ander welpie, styf by mamma Angel. Dis nog nie duidelik of of Kambro manlik of vroulik is nie. Hy/sy wys nie so maklik pensie as Gamka nie.

Gamka het gewys hy is ‘n mannetjie, terwyl hy rustig by sy ma, Angel, lê. Ja, hier is die bewys dat Gamka eendag ‘n maanhaar gaan wees. Kyk hoe groot is daai pote reeds en hy is skaars 15 weke oud.

Die eerste foto wat van die welpies geneem is – op 10 September toe hulle na raming sowat 12 weke oud was. Dis verstommend hoeveel hulle in slegs 3 weke gegroei het.