Gee hom saad, en hy kweek enige plant of boom


Gee vir Kierie Slabbert van Despatch die saad van enige plant of boom, en hy kweek dit suksesvol tot volwaardige plant, boom of struik. Sy tuin lyk soos ’n mini oerwoud van broodbome, mopanies, kremetarte, aalwyne, moringas, en eksotiese palmbome. Maar die mooiste boom is die reusagtige 49 jaar oue koorsboom in Kierie se voortuin. Mariska Spoormaker wou by hom weet hoe dié boom in sy tuin beland het.