Grondeienaars in Baai se opvanggebied moet gehelp word om ekostelsels te herstel


Met die droogte wat sy wurggreep bly hou in Nelson Mandelabaai se opvangsgebiede, gaan daar stemme op dat grondeienaars in dié belangrike gebiede bygestaan moet word om belangrike ekostelsels te herstel. Dit moet gedoen word sodat soveel moontlik reën deur die grond geabsorbeer kan word, en nie oor die damwalle see toe loop nie. Mariska Spoormaker het met Pieter Kruger van die plaas Zandvlakte in die Baviaanskloof hieroor gepraat.