Helfte van vrugbare landbougrond het binne 150 jr verdwyn


Daar word beraam dat bykans die helfte van die wêreld se vrugbare landbougrond oor die afgelope 150 jaar verdwyn het weens konvensionele boerderypraktyke.

Grondgesondheid is nie net iets wat die landbousektor raak nie, want as ons boere en produsente se grond vrugbaar is, beteken dit kos op die tafel.

Lizma van Zyl gesels met grondwetenskaplike dr. Hendrik Smith van GraanSA oor die stand van Suid-Afrika se grond, en hoe dit deur klimaatsverandering geraak word. Die noodsaaklikheid van bewaringsboerdery word ook bespreek.