Henu en ander kinders wag op ‘n hartoorplanting


Klein Henu en sy ma Melanie. Die vrolike seuntjie wag op ‘n hartoorplanting.

In die aanlyn-sepie, Die dag van Môre, word realiteit en fiksie verweef. Een van die ware verhale wat gevolg word, is dié van Henu Pienaar, amper 4 jaar oud, wat net graag wil lewe en op ‘n hartoorplanting wag.

Henu is met ‘n swak ontwikkelde linkerventrikel gebore. Hy benodig ‘n hartoorplanting. Die naam van die probleem is Hipoplastiese Linkerhart Sindroom. Sy linkerventrikel pomp nie voldoende bloed na sy liggaam nie. Dikwels is die wande van die linkerventrikel verdik, maar nie funksioneel nie, en die linker pompkamer baie klein. Voordat Henu een jaar oud was, is die nodige chirurgie gedoen om bloed na sy liggaam deur sy werkende regterventrikel te gelei. Verdere regstellende operasies kon volg, maar toe het sy hartspierfunksie dramaties verswak, moontlik weens æn virus-infeksie. Al opsie om Henu te help, is ‘n hartoorplanting.

Lees meer oor Henu se hartdefek:

https://www.cdc.gov/ncbddd/heartdefects/hlhs.html

Kyk na die artikel hieronder met foto’s van Henu en luister na die onderhoud met Dr Susan Vosloo wat gesels oor kinderhartoperasies en ook oor Henu:

Dr Susan Vosloo gesels oor kinder-hartoperasies

Meer oor Henu se hartdefek

Normale hart

Henu se hart

 

Die chirurgie wat gewoonlik volg:

Henu en ander kinders wag op ‘n hartoorplanting