‘Het van Verlangekraal’ nou op RSG


Die ikoniese verhaal Het van verlangekraal, deur Johan Bekker, is RSG se nuwe middagvervolgverhaal.

ANSU VISSER (jong Het) en SALLY CAMPHER (oorspronklike Het)

Het van Verlangekraal, deur Johan Bekker, begin op 28 April, om 14:45.

Leon van Nierop, wat die boek in 1985 vir televisie verwerk en opgevoer het, het die boek opnuut verwerk vir RSG in die jaar waarin Afrikaanse radio sy 85ste bestaan vier.  Hy is ook die regisseur.

Die storie

Die storie handel oor die opstandige, maar baie skrander skooldogter, Het.  Sy is een van nege kinders, en die gesin leef in haglike omstandighede. By die skool is sy gedurig in die moeilikheid, maar die sorgsame onderwyser, mnr Du Plessis en sy vrou Mart ontferm hulle oor Het.

Spesiale byklanke is by ‘n skool opgeneem vir klaskamer- en speelgrondtonele en ‘n atletiekbyeenkoms.  Van Nierop sê die verwerking was een van die moeilikstes wat hy nog aangepak het, omdat hy slegs ‘n beperkte getal akteurs per episode kan gebruik en dialoog en karakters moes skep om die verhaal suksesvol vir radio te kan opvoer.

Die rolverdeling

Die naamrol word vertolk deur Ansu Visser.

Ander spelers sluit in Pietie Beyers as die simpatieke onderwyser, mnr. Du Plessis;

Andre Stoltz as die skoolhoof, mnr Erlank;

en Estel Terblanche as Doep se vrou Mart.

Het se skoolmaats word vertolk deur onder andere  Izel Bezuidenhout, Donovan Pietersen, en Lelia Etsebeth.

Die oorspronklike Het, Sally Campher, verskyn in ‘n kameerol as Het se Ma, Ragel.

Lelia Etsebeth, Luan Jacobs, Pietie Beyers, Donovan Pietersen, Estel Terblanche, Leon van Nierop & Andre Stoltz.

Die spelers in aksie