Hoe verlaat ruimtetuie aarde se gravitasie-veld?


Wat beteken dit as ons sê dat ‘n ruimtetuig die gravitasieveld van die aarde verlaat het?

Die span kyk na die ontsnapsnelheid van ruimtetuie, en hoe ander hemelligame gebruik word om deur middel van die slingervel-effek hulle spoed te vermeerder.

Een van die groot uitdagings in ruimtevaart is datatransmissie. Hoe lank neem dit vir ‘n sein om van ‘n ruimtetuig soos die Voyager af tot by die aarde te trek?