Hondsdolheid IS vreesaanjaend


Die virus wat hondsdolheid in dier en mens veroorsaak.

Hondsdolheid kan in enige soogdier voorkom, van meerkatte tot selfs wildsbokke. Dit hou veral vir die mens ‘n bedreiging in as dit in honde voorkom. As die hondsdolheid-virus eers die mens se brein bereik, is dit 100% noodlottig, maar is met vroeë en korrekte behandeling in die mens volkome geneesbaar. Inenting van diere is noodsaaklik en lewensreddend.

Veearts dr. Ingrid de Wet vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die uitdagings van hondsdolheid, en beantwoord algemene vrae van luisteraars.