Hygend Hennie is ‘n drama oor ‘n hoenderhaan


Moleste in ‘n meentheidhuiskompleks sorg vir lekker komedie in Hygent Hennie, deur Joe Kleinhans.

Hennie is ‘n troetel-hoenderhaan wat opgepas moet word wanneer sy baas siek word. Troeteldiere smokkel maklik met mense se koppe. En van hulle sukkel nie om oornag pure kind in die huis te word nie. En dit kan individue se persoonlikhede dramaties verander want alles draai skielik om die nuweling in die huis. Saartjie Serfontein het so ‘n troeteldier. Sy naam is Hennie en hy is haar kind. Punt. Maar Hennie is ‘n hoenderhaan. En toe word Saartjie siek en sy beland in die hospitaal.

Johny Klein is die regisseur van die produksie waarin die stemme van onder meer Karen Wessels, Rina Nienaber en Simon Bruinders gehoor kan word.

Hygend Hennie word Donderdaand 9 Desember uitgesaai.