Hykie, Ritalin en feite


Akteur Hykie Berg se onlangse uitlatings oor Ritalin het ’n storm ontketen en saai groot verwarring onder ouers met kinders met ADHD, wat met Ritalin of soortgelyke middels behandel word.

Hoe werk Ritalin? Waar pas dit in in die behandeling van ADHD? En is Hykie se uitlatings wild? Wat is die waarheid?

Marí Hudson praat met Prof Renata Schoeman, psigiater wat gereeld kinders en volwassenes met ADHD behandel, oor Ritalin en ADHD, en probeer die kwessies opklaar.