Is dit griep, varkgriep, covid of RSV?


Baie mense is op die oomblik in ’n waaksorgeenheid in ’n hospitaal weens ’n wintervirus. Daar is griep, varkgriep, Covid, RSV om net vier te noem. Hoe ken mens dit uit? Moet jy weet watter virus dit is? Word dit verskillend behandel? Help antibiotika?

 

Hoe gou nadat jy griep of Covid gehad het, kan jy weer oefening doen? Hoe lank duur lang-Covid? Hoe werk die griepinenting? Is dit te laat in die winter om dit te kry?