Jacques Arendt se ‘Country Klanke’ vereer


Jacques Arendt

SACMAF (SA Country Musiek Kunstenaars Foundation) se Direksie het Jacques Arendt se RSG program “Country Klanke” vereer met hul Radio Toekenning vir die program se onbaatsugtige ondersteuning van SA se Country sangers.

RSG het volgens SACMAF met die program  “vir gevestigde en opkomende Country sangers ‘n platform geskep om gehoor te word, en dus help dit om hierdie genre weer op te lig. Die program bied die hoogste kwaliteit van SA liedjieskrywers se oorspronklike liedjies aan ‘n baie groot groep van Country Musiek aanhangers regoor S.A en die wêreld.

“Die Radiotoekenning is SACMAF se manier om dankie te sê vir die lugtyd, ondersteuning en toegewydheid om ‘n baie gesogte genre onder Suid-Afrikaanse luisteraars weer aan te wakker, en nie net die tradisionele Country nie, maar ook nuwe moderne Country wat aanklank vind by die jonger geslag.

Baie dankie Jacques Arendt en RSG. Radio Sonder Grense staan nie net vir landsgrense nie, maar sluit ook alle musiek genres in.”