Jou gereedskapskis om geestesgesond te bly


In Christelle Webb-Joubert se laaste keer as aanbieder van Geestesgesondheid gee vyf van haar gereelde gaste wenke en deel wysheid oor hoe om geestesgesond te bly in die toekoms.

Luister hier na die volledige program:

GEREEDSKAPKIS VIR DIE TOEKOMS

 

Dr Tessa van Wijk

Dr. Tessa van Wijk – Traumatoloog

1.Hanteer dadelik met my woede.

2.Kies elke oggend my gedagtes.

3.Kyk na myself.

4.Kry altyd perspektief as ek ‘n probleem het.

5.Evalueer my verwagtinge teenoor my huweliksmaat.

6.Elke probleem het ‘n oplossing.

7.Loop my eie pad.

8.Leef eenvoudig.

9.Wees iemand wat spaar, en vroegtydig begin spaar.

10.Stel gesonde grense.

11.Wees reeds gelukkig, voor ek trou.

12.Goeie maniere maak altyd saak.

13.Praat altyd laaste in ‘n vergadering, want dit gee vir my ‘n voorsprong.

Sorika de Swardt


Sorika de Swardt – Spesialis Maatskaplike Werker

Hoe om vir myself lief te wees:

1.Leer om sag te wees met myself, en myself te vergewe.

2.Ek maak foute, foute maak my nie.

3.Ek hoef nie alles te glo wat ek dink nie.

4.Wat doen ek vir my liggaam?

Hoe om vir ander lief te wees: (Liefdestale)

1.Woorde

2.Tyd

3.Diensbaarheid

4.Geskenke

5.Fisiese aanraking

Dr Johan Ferreira


Dr. Johan Ferreira – Sielkundige

1.Soek my interne vrede.

2.Leef in die hier en die nou.

3.Stel vir myself goeie emosionele grense.

Ds Fanie Kriel


Fanie Kriel – Pastorale Terapeut

1.Was jy JY gewees?

2.As ek letsels het, gaan soek in my kinderjare.

3.Ek is nie wie ek dink ek is nie, ek is ook nie wie ander dink ek is nie. Ek is, wie ek dink ander dink ek is.

4.Mense wat hulself lief het, dink baie van hulleself, en om daardie rede dink hulle nooit aan hulleself nie. Maar mense wat hulself nie lief het nie, dink baie min van hulleself, en om daai rede dink hulle 24uur van die dag net aan hulleself.

5.Die liefde wat ek ontvang, en die liefde wat ek gee, maak die lewe die moeite werd.

6.Wat is my roeping op aarde?

7.Drie pilare – stiltetyd, oefening en kom in die natuur

8.Moenie een moment in die lewe verwar met die hele lewe nie.

9.’Worry’ minder.

10.Ek is wie ek is wanneer ek alleen is.

Dr Ilse Karsten


Dr. Ilse Karsten – Opvoedkundige Sielkundige

Doen moeite met my doel as mens. (purpose)

1.Dink na oor my wêreldbeskouing

2.Wie is ek? Watter tipe mens is ek?

3.Onderskei tussen wat belangrik en minder belangrik is.

Ek is hier op aarde om . . .  . . .

Christelle Webb-Joubert


Christelle Webb-Joubert

Vat een dag op ‘n slag!