Beleef ‘The Sound of Music’ gratis saam met RSG


Rodgers & Hammerstein se veelbekroonde The Sound of Music is eersdaags terug op Suid-Afrikaanse verhoë en RSG bied aan luisteraars die kans om hierdie musiekspel voor én agter die skerms te beleef.

’n RSG-luisteraar en nog drie gesinslede (of vriende) kan ’n BBP-ervaring losslaan wat die volgende insluit:

  • Ontmoet die akteurs,
  • neem ‘n foto saam met die sterre op die verhoog,
  • geniet ‘n toer agter die skerms van die immergroen The Sound of Music en
  • neem dan jou sitplek in vir die musiekspel wat families steeds wêreldwyd gaande het.

Een luisteraar ontvang dus vier kaartjies wat die aanloklike BBP-pakket insluit.

Luister na ‘n voorsmakie van wat jy kan verwag:

The Sound of Music bevat goue treffers soos My Favourite Things, Do Re Mi, Climb Ev’ry Mountain en Sixteen Going on Seventeen.

Craig Urbani

Brittany Smith

Die rolverdeling bestaan uit Craig Urbani (van The Buddy Holly Story-faam), Nadia Beukes en die bekroonde sopraan Brittany Smith wat nog onlangs in Master Class saam met Sandra Prinsloo te sien was.

Dié nuwe produksie onder spelleiding van Steven Stead skop af in Kaapstad in die Kunstekaap-teater vanaf 14 Desember en reis dan na die Teatro by Montecasino in Johannesburg vanaf 27 Januarie 2024.

Kyk na die video wat tydens repetisies gemaak is:

 

Nadia Beukes

Janelle Visagie

RSG gee 2 BBP-ervaringe weg – een vir Kaapstad en een vir Johannesburg.

Luister tussen Maandag 18 en Vrydag  22 Desember na Willem Pelser en die Spitstyd-span en maak seker jou stem is goed opgewarm!

Indien jy nie die groot BBP-pryse losslaan nie, is daar ook dubbelkaartjies te wen. Hou jou ore op RSG en jou oë op sosiale media om uit te vind hoe jy nog ‘n kans kan staan om te wen.

RSG is die trotse mediavennoot van The Sound of Music.

Lees meer by: https://www.pietertoerien.co.za/the-sound-of-music-south-africa/

Kaartjies te koop by: https://www.webtickets.co.za/v2/search.aspx?search=The+Sound+Of+Music

https://www.facebook.com/zarsg

https://www.instagram.com/rsg_100104fm/