Kan iemand ge-deradikaliseer word?


Monitor: Woensdag 26 Julie 2017

Om iemand te deradikaliseer moet gedragspatrone eers verander, voordat daar van die ideologieë afstand gedoen sal word. Dit is die mening van ‘n kenner oor die deradikalisering van mense wat in die kloue van terreurorganisasies beland het, maar wil ontsnap.

Jasmin Opperman, die Afrika-direkteur van die Terreur Navorsing- en Ontledingskonsortium, TRAC, sê deradikaliserings-programme is ‘n reuse toets vir die Westerse samelewing. Hanri Wondergem het met haar gepraat.