4 Aug: Klipplaat – Spoorwegdorp tot spookdorp


Jacques Arendt en sy jarelange skoolvriend Danie (Mice) Pieterse, wat grootgeword het in Klipplaat, het een Sondag in Julie die R75 pad gevat om drie dae te gaan besoek aflê en kuier in die eens baie gewilde spoorwegdorpie  Klipplaat.

Hulle het tyd daar spandeer en het baie lekker gebly en geëet  in die baie skoon en netjiese Hotel Charles. Die gasvryheid van die hotel eienaar, Johan van Loggrenberg en sy mense was ongelooflik en so tipies eie aan die Karoo streek.

Die volgende dag het hulle “toer” deur die eens besige spoorwegdorpie en omgewing begin. Dit wat hulle ervaar het terwyl hulle deur die strate gery het, was emosies van skok, verlange, hartseer en soms baie liefde.

Buiten vir die huise wat nog in die spoorwegkamp bewoon word, bestaan daar net murasies, rugbypale, gekraakte tennis sement blad, onkruid en vullis of herinneringe, en net mooi niks verder nie, niks van die eens mooie stasie en “loko” wat jare gelede pryse gewen het as die netjiese stasie in die distrik nie.

Jacques het by van die inwoners van hulle stories gehoor oor die goeie ou dae van Klipplaat en saam gelag oor al die snaakse stories, die byname van die treindrywers, die netjiese treindrywer Oom Jan Rheeder wat elke dag gaan werk het met n das aan, maar ook trane van hartseer gestort oor wat deedae daar aangaan. Maar daar gebeur ook nog goeie dinge soos die sopkombuis wat weekliks, honderde persone kos gee tot die opgradering van die waterpype en infrastrukuur wat die water van die dam af herlei na die dorp, maar dit is omtrent ook net al wat goed is!

Luister hier na die dokumentêr, Klipplaat: Spoorwegdorp tot “spookdorp” en ervaar al die lief en leed van die inwoners en gemeenskap wat nog daar woon!

Die stoomlokomotief staan eenkant op Klipplaat stasie

Lees meer oor die geskiedenis van die spoorwegnetwerk van die Oos-Kaap:

https://www.safiri.co.za/ec/mail_lines.html