Kom neem deel aan Beeld Kinderfondsprojek


RSG ondersteun weer vanjaar die Beeld Kinderfondsprojek. Dit skop amptelik af op Woensdag, 30 Junie (in Alhoebekker) en sal voortduur tot 4 November 2021 met twee weeklikse bonuspryse.

Agtergrond inligting

Beeld-Kinderfonds bestaan reeds 44 jaar.

Die RSG-Beeld-Kinderfondsprojek (motorkompetisie) word vanjaar vir die 25ste keer aangebied.
Jy kan ‘n verskil maak in die lewens van baie kinders wat swaarkry; boonop kan jy groot pryse kry, as jy so min as R30 skenk:

  • ‘n Motor ter waarde van R187,995 is die groot prys. (KIA Picanto Start 1.0 – MOET ASB NIE TE VEEL NA KIA PICANTO VERWYS NIE ANDERS BEMARK KIA)
  • Badplaas, ‘n Forever-Oord gee ‘n naweek vir 6 persone.  Die prys sluit akkomodasie en wildritte in.
  • Daar is ook kontantpryse ter waarde van R10,000
  • Bonuspryse:  Elke twee weke sal daar ook bonuspryse / kitspryse wees.  Die wenners sal dadelik na ‘n vierdag-veldtog aangekondig word.  Die pryse sal deur Beeld, RSG en Beeld-Kinderfonds se Facebookblad aangekondig word. https://www.facebook.com/Beeld-Kinderfonds-286782468069605/

Die projek begin op 30 Junie 2021 en sluit op 4 November 2021.

Vir elke R30 donasie kry jy een inskrywing in die trekking, wat in November plaasvind.

Spesiale aanbod 1:  As jy R100 skenk en betaal met elektroniese oordrag (EFT) of snapscan, sal jy 4 inskrywings kry (jy kry dus 1 gratis inskrywing) vir die groot pryse hierbo genoem, jy is ook ingeskryf vir een bonusprys.

Spesiale aanbod 2: As jy R200 skenk en betaal met elektroniese oordrag (EFT) of snapscan, sal jy 8 inskrywings kry. (Dit gee jou 2 gratis inskrywings) Jy is dus outomaties ingeskryf vir 2 bonuspryse en die groot pryse wat hierbo genoem word.

Maak jou donasie op enige van die volgende maniere:

Betaal Beeld-Kinderfonds, ABSA, rek. nr. 2840 157 329, takkode: 632005,  verwysing:  jou selfoonnommer, naam en van.

As jy kontant wil inbetaal, maak gebruik van ‘n ABSA ATM (kitsbank) en kies kaartlose transaksies, dis baie maklik om te gebruik.     Diensfooie vir oor-die-toonbank transaksies is baie duur. ATM transaksies is gratis.   Jy sal binne 48 uur ‘n sms ontvang om jou inskrywings te bevestig

SMS: KINDERS na 41511 (R30 per sms).    Jy kan ook jou naam en adres byvoeg. (Die selfoonnetwerke neem sowat R15 per sms en Beeld-Kinderfonds kry dus slegs sowat R15 per sms.  As jy nie per EFT of Snapscan ‘n bydrae kan maak nie, gebruik dan gerus hierdie metode om jou donasie te stuur.)   Die spesiale aanbiedinge geld nie vir sms inskrywings nie.

Kredietkaart betalings via Snapscan Laai SnapScan af op jou foon of tablet.  Dit is ‘n veilige, kaartlose betaalmetode van Standard Bank.  Volg die maklike instruksies om jou kredietkaart te koppel, kies ‘n PIN en skandeer die Snapscan kode hieronder om jou donasie te maak, maklik en vinnig!

Jy kan soveel kere inskryf as wat jy wil, daar is geen beperking nie.  Hoe meer donasies jy maak, hoe groter is jou kanse om te wen!

Die projek sluit op 4 November 2021 om middernag.

Die trekking vind plaas op 5 November 2021 en die wenners sal op 5 November telefonies gekontak en aangekondig word.  Wenners sal deur RSG, Beeld en op die Beeld-Kinderfonds Facebookblad aangekondig word.

Vir navrae stuur ‘n epos na: info@beeldkinderfonds.co.za  of skakel 061 479 4791, gebruik dieselfde nommer vir whatsapp.

Reëls:

  1. Geen werknemers van Beeld, RSG, KIA Motors SA en hul direkte huisgesinslede mag aan die kompetsie deelneem nie;
  2. Alle beslissings is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie;
  3. Pryse mag nie vir kontant omgeruil word nie;
  4. Pryswenners sal met ‘n ewekansige rekenaartrekking aangewys word;
  5. Pryswenners sal telefonies in kennis gestel word en daarna in die media aangekondig word;
  6. Die oorhandiging van die motor sal in Johannesburg plaasvind gedurende November of Desember;
  7. Die wenner van die motor moet op eie koste na Johannesburg reis om die prys in ontvangs te neem;
  8. Die kleur van motor wat gewen word is onderhewig aan beskikbaarheid;

 

NOTA OOR CELL C GEBRUIKERS (Adrie sal hieroor in die onderhoud gesels, nie nodig om dit in live read of op website te plaas nie):

Die sms diensverskaffer (Worldplay), maak nie meer van die Cell C platform gebruik vir premium sms-dienste nie.  Dit is die geval met baie van die WASP-Diensverskaffers. Cell C “charge” WASPs ‘n fooi van R50,000 per maand om van die Cell C platform gebruik te maak, selfs al kry hulle nie R50,000 se inkomste van Cell C kliënte nie.  Dis dus vir hulle nadelig om van die Cell C platform gebruik te maak.

Cell C gebruikers is dus ongelukkig uitgesluit van die projek indien hulle per SMS wil donasies maak. Cell C gebruikers moet dus eerder die ander maniere gebruik wat genoem is aangesien Cell C se smse nie sal deurgaan nie.