Kom Parkrun saam!


Besoek die Parkrun webwerf en maak gereed vir jou eerste Partkrun gebeurtenis aanstaande Saterdagoggend. Dis gewoonlik 5 km en begin gewoonlik om 08:00 op ‘n Saterdagoggend. As jy die DDN-aksieplan se stap- of drafprogram tot week#6 gevolg het, sal jy die volle 5 km kan flinkstap of dit afwissel met flink en matige stap. Jy sal die grootste deel van die 5 km kan draf, en die res lekker kan stap.

Registreer hier want jou tyd word amptelik gemeet en dan kan jy volgende keer teen jouself meeding om jou tyd te verbeter as jy wil.

Klik hier om te sien waar in Suid-Afrika word Parkrun aangebied en watter park is die naaste aan jou.

Jy kan selfs jou hond saambring.

En dra iets geel sodat die RSG’ers mekaar kan uitken: ‘n geel band of lint om die arm of pols of nek of kop.

Deur Marí Hudson

© Marí Hudson