Laaste eerbetoon aan Koningin Elizabeth II


Die ontslape en geliefde monarg word vandag ter ruste gelê in ‘n groot en waardige staatsbegrafnis in Westminster Abdy.

Roubeklaers onder wie die Koninklike familie, wêreldleiers en duisende toeskouers langs die roete na Westminster Abdy is in Londen vir die staatsbegrafnisdiens van Koningin Elizabeth van Brittanje, wat ‘n rukkie gelede begin het. Minstens drieduisend gaste is in die abdy byeen – wat bestempel word as een van die grootste seremonies ooit in die Britse hoofstad. Miljoene mense sal ook wêreldwyd regstreekse uitsendings van die verrigtinge volg. Twee minute van stilte sal gehou word ná afloop van die diens. Die stoet sal daarna na die Windsor-kasteel, wes van Londen beweeg, vir ‘n private diens by die St George kapel.

Lees meer oor die staatsbegrafnis van Koningin Elizabeth II
https://www.enca.com/news/britain-and-world-say-farewell-queen-elizabeth-ii

https://www.bbc.com/news/uk-60617519

https://www.news24.com/channel/gossip/royal-news/live-concerns-over-queen-elizabeth-iis-health-20220908

https://www.royal.uk/funeral-queen-elizabeth-ii

Koningin Elizabeth II tydens die viering van haar Platinum Jubileum in Februarie vanjaar.

Koningin Elizabeth II op Dinsdag, twee dae voor haar dood. Dit is waarskynlik die laaste foto wat van die monarg geneem is.

8 September 2022: Buckingham Paleis het aangekondig dat koningin Elizabeth die tweede, Brittanje – én die wêreld – se langs regerende Monarg op 96-jarige ouderdom oorlede is. Sy is by die koninklike landgoed, Balmoral in Aberdeenshire in Skotland dood. Haar oudste seun, Charles – nou die voormalige Prins van Wallis – sal die land deur dié routydperk lei as die nuwe koning. Elizabeth was 25 jaar oud toe sy die troon bestyg het na haar pa, koning George VI se dood. Sy het vir sewe dekades regeer. Buckingham Paleis sê sy het vanmiddag vreedsaam heengegaan. Koning Charles, en sy vrou, Camilla sal vanaand in Balmoral oornag en môre na Londen terugkeer. Hier volg ‘n uittreksel van die koningin se kroning op 6 Februarie 1953.

Brittanje se nuwe eerste minister, Liz Truss en die Koningin het Dinsdag by Balmoral vergader. Truss het pas aangekondig dat die voormalige Prins van Wallis as Koning Charles die derde bekend sal staan. Hy neem die leisels automaties by die koningin oor. Prins William neem sy pa se titel as Hertog van Cornwall oor en sy vrou, Catherine sal bekend staan ​​as die hertogin van Cornwall. Daar sal na Koning Charles se vrou, Camilla as ‘n koningin verwys word, maar slegs omdat sy met die koning getroud is. Haar titel hou nie met enige magte verband nie.

Koningin Elizabeth was in Suid-Afrika vir een van die mylpale in haar lewe – haar 21ste verjaardag. Sy was in daardie stadium steeds prinses Elizabeth. Sy het saam met haar ouers in 1947 deur suidelike Afrika getoer en het haar verjaarsdag in Kaapstad gevier. Sy het ‘n spesiale toespraak vir die BBC opgeneem om die geleentheid te vier.

Monitor 9 September 2022: Die wêreld maak reg vir ‘n nuwe era in Brittanje ná die dood van koningin Elizabeth die Tweede. Ons praat met ‘n hedendaagse Daniël oor sy ervaring in die leeukuil, by wyse van spreke. In ons woordrubriek hoor ons hoe ‘n lugwaardin 400 passasiers met net 200 maaltye gelukkig kon hou.

9 September: Wyle Koningin Elizabeth se oudste seun, Charles, sal vandag sy eed as nuwe koning van Brittanje aflê. Dit sal plaasvind voor lede van die Geheime Raad. Hy keer vandag saam sy vrou, Camilla wat nou amptelik as die kongingin-gemalin bekend sal staan, terug na Londen na sy ma se afsterwe gister by die Balmoral landgoed Skotland. Sy was 96 jaar oud. Koningin Elizabeth was die langsdienende Britse monarg in die geskiedenis van die Verenigde Koninkryk, en was vir sewe dekades op die troon. Charles sal tot Koning verklaar word by die St James paleis en vir die eerste keer sedert 1952, sal die volkslied amptelik gespeel word met die woorde “God Save the King”. Die Britse premier, Liz Truss asook senior ministers en Camilla sal die geleentheid bywoon. Die 73-jarige koning Charles is die oudste troonopvolger in die Britse geskiedenis.

Roubeklaers het vanoggend met dagbreek weer met blomme by die hekke van Buckingham Paleis in Londen opgedaag uit eerbetoon met die afsterwe van Koningin Elizabeth. Lede van die publiek het gister kort ná die aankondiging dat die koningin oorlede is, na Buckingham Paleis gestroom, waar hulle blomme neergelê en ook die volkslied, God Save the Queen gesing het. Koningin Elizabeth het in 1952 op 25-jarige ouderdom koningin geword en het in Junie vanjaar haar Platinum-jubeleum gevier.

Lees meer:

https://www.bbc.com/news/uk-61585886

https://www.bbc.com/news/live/uk-62834633

https://en.wikipedia.org/wiki/Elizabeth_II

https://www.biography.com/royalty/queen-elizabeth-ii

https://www.news24.com/channel/gossip/royal-news/live-concerns-over-queen-elizabeth-iis-health-20220908