Landbou: Hoe kan groen energie gefinansier word?


Die MBR sonplaas in Dubai

Beskikbare en betroubare energie is een van landbou se vele uitdagings.

Ons praat met Berrie de Jager van Standard Bank oor die finansiering van alternatiewe energie, en hoe ‘n produsent hierdie besluit moet benader.

Dr. Piet Nell van die Landbounavorsingsraad praat oor die voor- en nadele van soutgrond. Hy was een van die sprekers by ‘n webinaar wat deur die LNR vir Wêreld Gronddag aangebied is.