Landbou in SA: Die uitdagings in 2019


Wat is die uitdagings wat die landbousektor in 2019 in die gesig staar?

Die nasionale Departement van Landbou, Bosbou en Visserye sê die uitbreking van bek-en klouseer in Limpopo is ‘n krisis omdat die land die uitvoer van alle gesplete hoefdiere soos beeste, varke en bokke moet staak. Die siekte is by beeste in ‘n dorpie in die Vhembe Distriksmunisipaliteit gediagnoseer.