Landbou: Kameelmelkprodusente en Moringa-boerderye


Moringaboomblare

RSG Landbou kuier in die Kalahari by Hans Knoesen, ‘n kameelmelkprodusent.

Dr. Maartin Jordaan van die Bult Diereklinkiek op Potchefstroom verduidelik watter geslagsiektes by beeskuddes onder die vergrootglas geplaas moet word.

Ons hoor by Willem de Klerk van die Potgietersrus-omgewing waarom hulle met Moringa boer, en wat dié plant so voordelig vir mens en dier maak.

Daar is soms verwarring tussen veeboere en owerhede oor watter identifikasie of merke op vee geldig is. Herman Labuschagne van SA Stamboek gee meer duidelikheid.