Luister vanaand na argiefdrama: Bartho Smit se Putsonderwater


Die eerste radiodramaseisoen word op 24 Junie afgesluit met ‘n argiefdrama – Putsonderwater, deur Bartho Smit.  Die regisseur was Eben Cruywagen.

Die ietwat omstrede drama van een van die belangrikste Sestigers, is spesiaal vir die radio verwerk deur Eben Cruywagen.  Talle literatore het die werk, wat in 1962 verskyn het, bestempel as een

Bartho Smit

van die belangrikste hedendaagse Afrikaanse dramas.  Smit is in 1978 met die Hertzogprys vir Drama bekroon vir Putsonderwater, Christine, Moeder Hanna en Die verminktes.

Die drama speel af op ’n denkbeeldige gehuggie in ’n afgeleë woestynstreek van die land. Dié veelvlakkige, komplekse drama handel kortom oor Maria, ’n swanger tiener, wat deur die gesagsfigure van die dorp – die Dominee, die Koster, die Polisiesersant en die Dokter – seksueel misbruik word. Sy glo haar enigste hoop is om uit Putsonderwater te ontsnap, maar telkens word haar hoop verskuif na nuwe uiterstes wanneer die realiteit van haar omstandighede tot haar deurdring.

Wanneer sy aan die einde van die drama ’n wiegeliedjie vir haar ongebore baba sing, word dit dus ’n metafoor vir die verwagte koms van die Verlosser van die wêreld. Vandaar die regisseur se keuse om Bartho Smit se liriek op die melodie van Koos du Plessis se bekende Somerkersfees te laat sing.

Akteurs

Frieda van den Heever

Frieda van den Heever,

Marlo Minnaar

Marlo Minnaar,

Petrus du Preez

Petrus du Preez,

Neels Coetzee

Neels Coetzee,

Johan Botha

Johan Botha,

Nic de Jager

Nic de Jager

Johann Nel

en Johann Nel.