Luister Donderdagaand na ‘n spanningsdrama


In Donderdag 23 Mei se Radioteater om 20:00, kan jy luister na Dink jy darem nog aan my?

Dit is geskryf deur Francois Bloemhof. Die regisseur is Christelle Webb-Joubert.

Die storie
Daar word ‘n moord gepleeg op die dorp, Stilwater.

Leandri kom per trein aan op die klein dorpie Stilwater. Die plan is om vir ’n onbepaalde tyd in Soes se losieshuis te bly, om rus te vind ná onlangse gebeure in die stad. ’n Moord in ’n woning naby die losieshuis is egter net die begin van ’n reeks ontstellende situasies. Spoke uit die verlede gaan ook binnekort by Leandri kom aanklop.

Wie is die skuldige? Die nuwe vrou, Leandri Cilliers wat net ‘n dag tevore op die dorp aangekom het? Of is haar lewe ook in gevaar?

Die karakters, akteurs en rolverdeling
Die volgende akteurs is te hoor in die drama:

LEANDRI CILLIERS, die nuwe vrou wat op die dorp Stilwater kom woon. Vertolk deur Nadia Valvekens.

Sy loseer by SOES MAREE. Soes word gespeel deur Rika Sennett.

Haar seun RIAAN MAREE is die dorp se prokureur en woon ook in die huis. Hy word vertolk deur David Louw.

Claudia Jones speel Die ander loseerder is SHIREEN ARENDSE (Claudia Jones).

MICHAEL GREEFF word vertolk deur Botha Enslin

KAPTEIN DENVER DANIELS (Zane Meas)

Die eksentrieke LAVINIA BEUKES, wat die tuisnywerheid op die dorp besit, word gespeel deur Elsabè Zietsman.

Agter van links na regs: David Louw, Zane Meas, Botha Enslin. Middel: Claudia Jones, Elzabé Zietsman en Rika Sennet. Voor: Christelle Webb-Jouber (regisseur) en Nadia Valvekens.

Tegniese span
Die regisseur is Christelle Webb-Joubert.

Die tegniese span is Thato Maphoroma en JD Labuschagne met behulp van Juanita de Villiers aan die eindproduk. Sy is ook assistent-regisseur en is ‘n aanwins – sy het beslis ‘n oor vir klank.

NEEM KENNIS DIE DRAMA IS LANGER AS GEWOONLIK!