Luister weer na ‘Maestro’, die dokumentêr oor koorleier André vd Merwe


Hy is ook ‘n groot jenewer-versamelaar. Kyk net sy reuse versameling.

MAESTRO: Die lewensverhaal van André van der Merwe, koorleier en dirigent van die Stellenberg Meisieskoor en die Stellenbosch Universiteitskoor.

Luister weer na die dokumentêr oor dié leier van die wêreldkampioen-koor.

Die Stellenbosch Universiteitskoor het al ‘n paar keer koning gekraai by die Wêreld Koorspele.

Sedert 2012 is die koor nommer een op Interkultur se wêreldranglys uit die top 1000 amateurkore.

Die Stellenberg Meisieskoor, is ook onder die top 20 op hierdie wêreldranglys.

André, dirigent van dié wenner-kore, vertel openhartig oor sy grootworddae op Beaufort-Wes en hoe ‘n fratsongeluk sy droom om konsertpianis te word in die wiele gery het en hom in ‘n heel ander rigting gestuur het –  op die ou end, als ten goede.

Luister na die volledige program:

Andre is dol oor sy drie toypom-hondjies. Hier is hy in sy kantoor met sy pragtige drie hondjies: Cujo, Nougat, Moskou:
Hy is beskeie oor die toekennings wat hy al as koorleier en dirigent losgeslaan het – ons het sommer self gaan loer:

Hy is ook ‘n groot jenewer-versamelaar. Die bottel in sy hand, het hy by sy koor as geskenk gekry. Dit is spesiaal vir hom gemaak…