Luister Donderdagaand na “My Japan”


This picture taken on March 11, 2011 by Sadatsugu Tomizawa and released via Jiji Press on March 21, 2011 shows tsunami waves hitting the coast of Minamisoma in Fukushima prefecture. The number of people confirmed dead or listed as missing in Japan neared 22,000, 10 days after a massive earthquake and tsunami struck the country’s northeast coast. (Photo credit: SADATSUGU TOMIZAWA/AFP via Getty Images)

LuisterDonderdagaand 22 Mei om 8 uur op RSG na die argiefdrama My Japan.

Op 11 Maart 2011 het ʼn verwoestende tsoenami Japan getref. ʼn Onderwyseres wat Engels in Japan gee, Angelique Naudé, het die ramp eerstehands meegemaak en het haar ervarings en indrukke met die bekende joernalis Schalk Schoombie gedeel. Schalk het dit toe in ʼn pryswennende jeugdrama verwerk en toe weer as radiodrama.

In hierdie drama word die verwoestende gebeure deur verskeie karakters se oë uitgebeeld word.

Tegnies en akoesties is dit een van die mees ingewikkelde produksies nog op radio en regisseur Leon van Nierop en sy tegniese span, waaronder Karen Gravett, moes ure lank voorberei aan veral die tsoenami-byklanke wat nog nie tevore op radio gebruik is nie.

Die spelers is Donna-Lee Roberts, Rolanda Marais en Melt Sieberhagen in die hoofrolle teenoor Stefan Vermaak, Christine Voorendyk en Ursula Vorster.

Donderdagaand 22 Mei om 8 uur op RSG of rsg.co.za asook op potgooi na afloop van die uitsending en op Spotify.