Luister Donderdagaand na PG se ‘Plaston: DNS-kind’


Plaston: DNS-kind is ‘n drama uit die argief deur P.G. du Plessis.

Die storie
Plaston (Grieks vir ‘hy wat gemaak is’) is ‘n 19-jarige, beeldskone jong man wat kunsmatig deur wetenskaplikes geskep is. Hy kom op die afgeleë dorpie Aardendal aan waar hy in die gemeenskap geïntegreer word en terselfdertyd fyn dopgehou word. Hier ontmoet hy vir die eerste keer ander mense, soos die dorpsidioot, die mooi jong meisie Kotie en die predikant Genopen.

Die spelers en rolverdeling
Plaston word vertolk deur Richard van der Westhuizen.

Ander veterane sluit in Rina Nienaber, Hennie Oosthuizen, Marcel van Heerden, Gert van Tonder, Kosie Eloff, Lochner de Kock, Johannes Slabbert, Johan van der Merwe, Riana Wilkens, Emgee Pretorius en Bettie Kemp.

Dit is geskryf deur P.G. du Plessis en verwerk vir radio en regie deur Robert Young.