Luister Vrydag na ons Paasdrama ‘Waarom Here?’


Die Paasdrama, Waarom Here, deur Joey van Niekerk, is ‘n opdragwerk vir Goeie Vrydag.

Dit is Van Niekerk se 20ste geleentheidsdrama vir of Paasfees of Kersfees.

Waarom Here? Is die verhaal van Saggeus, die gestremde tollenaar wat met Jesus kennis gemaak het tydens die Paasfees, kort voor die kruisiging. Sy opstandigheid oor sy gebrek, sy latere voorspoed as ryk tollenaar, en uiteindelik sy insig en aanvaarding word in die verhaal uitgebeeld.

Die rol van Saggeus word vertolk deur Luan Jacobs, met Jakkie Groenewald as sy Pa, Jabin; Estel de Beer as sy vrou Karia en Johny Klein as Nikodemus.

Die regie is behartig deur Ina Strydom.

Waarom Here, word op Goeie Vrydag om 14:00 uitgesaai.

Johny Klein, Luan Jacobs, Jakkie Groewald en Estel de Beer.